Gaan na inhoud

Lys van Bisantynse keisers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Keiser van die Bisantynse Ryk
Embleem van die Palaiologos-dinastie.
Embleem van die Palaiologos-dinastie.
Tydperk 330-1453 n.C.
Eerste monarg Konstantyn I
Laaste monarg Konstantyn XI Palaiologos
Titel Keiser en Outokraat van die Romeine
Amptelike tuiste Konstantinopel

Die Lys van Bisantynse keisers bevat die heersers van die Bisantynse Ryk van die stigting van Konstantinopel in 330 n.C. tot die ryk se verowering deur die Ottomaanse Ryk in 1453. Net die keisers wat as wettige heersers erken is en soewereine mag gehad het, is ingesluit. Valse aanspraakmakers en junior medekeisers is uitgesluit.

Die lyn keisers begin tradisioneel met die Romeinse keiser Konstantyn die Grote, die eerste Christelike keiser, wat die stad Bisantium herbou het as die keiserlike hoofstad, Konstantinopel. Tydens sy bewind het die belangrikste eienskappe van die Bisantynse Ryk begin ontwikkel: ’n Romeinse politieke bestel wat om Konstantinopel gesentreer was en oorheers is deur die Griekse ooste, met die Christendom as die staatsgodsdiens.

Al die Bisantynse keisers het hulself as Romeinse keisers beskou:[1] die term "Bisantynse" is eers in die 16de eeu in die Weste begin gebruik.

Die titel van alle keisers voor Herakleios was amptelik "augustus", hoewel ander titels soos "dominus" ook gebruik is. Hul name is voorafgegaan deur "imperator caesar" en gevolg deur "augustus". Ná Herakleios het die algemene titel die Griekse "basileus" (βασιλεύς) geword. Ná die stigting van die mededingende Romeinse Ryk in Wes-Europa is die titel "autokrator" (αυτοκράτωρ) al hoe meer gebruik. In latere eeue is hulle soms "keiser van die Grieke" genoem deur Westerse Christene, maar hulle het hulself steeds as "Romeinse keisers" beskou. Teen die einde van die ryk se bestaan het hulle na hulself verwys as "[Keiser se naam] in Christus, Keiser en Outokraat van die Romeine".

In die Middeleeue was dinastieë algemeen, maar die beginsel van oorerflike opvolging is nooit in die ryk geformaliseer nie.[2] Dit was ’n praktyk eerder as ’n onveranderlike beginsel.[3]

Konstantynse dinastie (306–363)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Konstantyn I "die Grote"
(Grieks: Κωνσταντίνος Α' ο Μέγας, Latyn: Gaius Flavius Valerius Aurelius Constantinus)
19 September 324 –
22 Mei 337
Gebore omstreeks 273/4 in Naissus as die seun van die "augustus" Constantius Chlorus en sy vrou, Helena. Het met sy pa se dood op 25 Julie 306 "augustus" van die westerse ryk geword, en in 312 alleenheerser van die westerse ryk. In 324 het hy die oosterse "augustus" Licinius verslaan en die ryk verenig. Hy was tot met sy dood die alleenheerser daarvan.
Constantius II
(Κωνστάντιος [Β'], Flavius Iulius Constantius)
22 Mei 337 –
5 Oktober 361
Gebore op 7 Augustus 317 as die tweede oudste seun van Konstantyn I. Met sy pa se dood het hy die oostelike derde van die Romeinse Ryk geërf. Hy was alleenheerser van die Romeinse Ryk vanaf 353, met die oorwinning van die Westerse indringer Magnentius.
Constans I
(Κώνστας Α', Flavius Iulius Constans)
22 Mei 337 –
Januarie 350
Gebore omstreeks 323 as die derde oudste seun van Konstantyn I. Hy was "caesar" sedert 333 en het die sentrale derde van die Romeinse Ryk geërf met sy pa se dood. In 348 het hy alleenheerser in die weste geword ná die dood van Constantius II.
Julianus "die Afvallige"
(Ιουλιανός "ο Παραβάτης", Flavius Claudius Iulianus)
5 Oktober 361 –
28 Junie 363
Gebore in Mei 332; die kleinseun van Constantius Chlorus en neef van Constantius II. Hy het keiser geword ná die dood van Constantius. Dood in ’n veldtog teen die Sassaniede.

Geen dinastie (363–364)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Jovianus
(Ιοβιανός, Flavius Claudius Iovianus)
28 Junie 363 –
17 Februarie 364
Gebore omstreeks 332. Kaptein van die wagte onder Julianus, deur die leër verkies ná Julianus se dood. Dood op ’n terugreis na Konstantinopel.

Dinastie van Valentinianus (364–379)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Valentinianus I
(Ουαλεντιανός, Flavius Valentinianus)
26 Februarie 364 –
17 November 375
Gebore in 321. Hy was ’n offisier onder Julianus en Jovianus en is deur die leër verkies ná laasgenoemde se dood. Hy het sy jonger broer Valens aangewys as keiser van die ooste.
Valens
(Ουάλης, Flavius Iulius Valens)
28 Maart 364 –
9 Augustus 378
Gebore in 328. Deur sy broer Valentinianus aangewys as keiser van die ooste. Dood by die Slag van Adrianopel.
Gratianus
(Γρατιανός, Flavius Gratianus)
9 Augustus 378 –
19 Januarie 379
Gebore op 18 April/23 Mei 359 as die seun van Valentinianus I. Hy was keiser van die weste en het ook keiser van die ooste geword ná Valens se dood. Hy het Theodosius I toe aangestel as keiser van die ooste. Op 25 Augustus 383 dood in ’n sluipmoordaanval tydens die rebellie van Magnus Maximus.

Dinastie van Theodosius (379–457)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Theodosius I "die Grote"
(Θεοδόσιος Α' ο Μέγας, Flavius Theodosius)
19 Januarie 379 –
17 Januarie 395
Gebore op 11 Januarie 347. Aristokraat en militêre leier, swaer van Gratianus, wat hom aangestel het as keiser van die ooste. Van 392 tot met sy dood alleenheerser van die Romeinse Ryk.
Arcadius
(Αρκάδιος, Flavius Arcadius)
17 Januarie 395 –
1 Mei 408
Gebore in 377/378 as die oudste seun van Theodosius I en het hom ná sy dood opgevolg. Nota: In 395 is die Romeinse Ryk permanent verdeel in die Wes-Romeinse en Oos-Romeinse Ryk.
Theodosius II van Bisantium
(Θεοδόσιος Β', Flavius Theodosius)
1 Mei 408 –
28 Julie 450
Gebore op 10 April 401 as die enigste seun van Arcadius. Hy het sy pa ná sy dood opgevolg. Terwyl hy van 408 tot 414 minderjarig was, het Anthemius as regent regeer.
Marcianus
(Μαρκιανός, Flavius Valerius Marcianus)
450 – Januarie 457 Gebore in 396. Hy was ’n soldaat en politikus en het keiser geword ná sy troue met die "augusta" Pulcheria, suster van Theodosius II, ná laasgenoemde se dood. Dood weens gangreen.

Thraciese dinastie (457–518)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Leo I "die Thraciër", "die Slagter" of "die Grote"
(Λέων Α' ο Θράξ, ο Μακέλλης, ο Μέγας, Flavius Valerius Leo)
7 Februarie 457 –
18 Januarie 474
Gebore omstreeks 400 as lid van die Thraciese stam Bessi. Hy was ’n offisier en is deur die hoof van die leër gekies as keiser ná Marcianus se dood. Hy was die eerste keiser wat deur die Patriarg van Konstantinopel gekroon is.
Leo II "die Kleine"
(Λέων Β' ο Μικρός, Flavius Leo)
18 Januarie –
17 November 474
Gebore omstreeks 467 as die seun van Leo I se dogter, Ariadne, en haar man, Zeno. Hy het eers "caesar" geword en in 473 medekeiser. Kort daarna het hy sy pa as medekeiser en regent gekroon. Kort daarna dood, moontlik vergiftig.[4]
Zeno
(Ζήνων, Flavius Zeno)
17 November 474 –
9 April 491
Gebore omstreeks 425. Hy was ’n soldaat en het met die keiser se dogter, Ariadne, getrou. Sy seun het hom op 9 Februarie 474 as medekeiser en regent aangestel en Zeno het alleenheerser geword ná sy seun se dood.
Basiliscus
(Βασιλίσκος, Flavius Basiliscus)
9 Januarie 475 –
Augustus 476
Generaal en swaer van Leo I. Hy het Zeno se bewind oorgeneem, maar is weer deur hom verslaan. Dood in 476/477.
Anatasius
(Αναστάσιος Α' ο Δίκορος, Flavius Anastasius)
11 April 491 –
9 Julie 518
Gebore omstreeks 430. Hy was ’n paleisamptenaar (silentiarius) toe die keisererlike weduwee Ariadne hom as haar man kies. Sy bynaam was "Dikoros" vanweë sy heterochromie.

Justiniaanse dinastie (518–602)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Justinus I
(Ιουστίνος Α', Flavius Iustinus)
Julie 518 –
1 Augustus 527
Gebore omstreeks 450. Hy was ’n offisier onder Anastasius I en is deur die leër en volk verkies ná laasgenoemde se dood.
Justinianus I "die Grote"
(Ιουστινιανός Α' ο Μέγας, Flavius Petrus Sabbatius Iustinianus)
1 Augustus 527 –
13/14 November 565
Gebore in 482/483. Hy was die nefie van Justinus I en het hom ná sy dood opgevolg.
Justinus II
(Ιουστίνος Β', Flavius Iustinus Iunior)
14 November 565 –
5 Oktober 578
Gebore omstreeks 520. Nefie van Justinianus I. Hy het die mag oorgeneem ná laasgenoemde se dood met die hulp van die leër en die senaat. Hy het kranksinnig geword en was dus in 573–574 onder die regentskap van sy vrou, Sophia, en in 574–578 onder die regentskap van Tiberius Konstantyn.
Tiberius II Konstantyn
(Τιβέριος Β', Flavius Tiberius Constantinus)
5 Oktober 578 –
14 Augustus 582
Gebore omstreeks 535, vriend en aangenome seun van Justinus. Aangewys as "caesar" en regent in 574. Het Justinus II ná sy dood opgevolg.
Mauricius
(Μαυρίκιος, Flavius Mauricius Tiberius)
14 Augustus 582 –
22 November 602
Gebore in 539 in Kappadosië. Hy was ’n amptenaar en later generaal. Hy het getrou met die dogter van Tiberius II en het hom ná sy dood opgevolg. Hy het sy seun, Theodosios, in 600 as medekeiser aangewys. Sy bewind is deur Phocas oorgeneem en hy is op 27 November 602 tereggestel.

Geen dinastie (602–610)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Phokas
(Φωκάς, Flavius Phocas)
23 November 602 –
4 Oktober 610
Ondergeskikte in die Balkanse leër; het ’n veldtog gelei waarin Maurikios se mag oorgeneem is. Hy was ’n tiran wat al hoe ongewilder geword het en is deur Herakleios afgesit en tereggestel.

Dinastie van Herakleios (610–695)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Herakleios
(Ηράκλειος, Flavius Heraclius)
5 Oktober 610 –
11 Februarie 641
Gebore omstreeks 575 as die oudste seun van die Eksarg van Afrika, Herakleios die Ouere. Hy het in 609 ’n veldtog teen Phokas begin en hom in Oktober 610 verslaan.
Konstantyn III
amptelik Herakleios Nuwe Konstantyn
(Ηράκλειος νέος Κωνσταντίνος, Heraclius Novus Constantinus)
11 Februarie –
24/26 Mei 641
Gebore op 3 Mei 612 as die oudste seun van Herakleios by sy eerste vrou, Fabia Eudokia. In 613 is hy tot medekeiser verklaar en ná die dood van Herakleios het hy die troon saam met sy jonger broer, Heraklonas, bestyg. Dood aan tering, na bewering vergiftig deur die keiserlike weduwee Martina.
Heraklonas
(Ηρακλωνάς, Heraclianus)
amptelik Konstantyn Herakleios
(Κωνσταντίνος Ηράκλειος, Constantinus Heraclius)
11 Februarie 641 –
September 641
Gebore in 626 as die seun van Herakleios se tweede vrou, Martina, en is in 638 tot medekeiser verklaar. Hy het alleenheerser geword ná die dood van sy halfbroer en medekeiser, Konstantyn III. Hy was onder die regentskap van Martina, maar is deur die leër gedwing om Constans II as medekeiser aan te wys. Hy is in September 641 deur die senaat afgesit.
Constans II
(Κώνστας Β', Constantus II)
amptelik Konstantyn "die Bebaarde",
(Κωνσταντίνος ο Πωγωνάτος)
September 641 –
15 September 668
Gebore op 7 November 630 as die seun van Konstantyn III. Hy is in die somer van 641 vanweë druk deur die leër tot medekeiser verklaar ná sy pa se dood en het alleenheerser geword ná die gedonge abdikasie van sy oom Heraklonas. Hy is in ’n sluipmoordaanval dood.
Konstantyn IV "die Bebaarde"
(Κωνσταντίνος Δ' ο Πωγωνάτος)
15 September 668 –
September 685
Gebore in 652 as die seun van Constans II, en hy het sy pa opgevolg ná dié se moord. Hy is verkeerdelik deur historici Konstantyn die Bebaarde genoem weens verwarring met sy pa. Dood aan disenterie.
Justinianus II "met die Afgesnyde Neus"
(Ιουστινιανός Β' ο Ρινότμητος)
September 685 –
695
Gebore in 669. Hy is in 681 as medekeiser aangewys en het alleenheerser geword ná Konstantyn IV se dood. Afgesit in ’n militêre opstand in 695, vermink (vandaar sy bynaam) en verban. Hy het in 705 sy troon herower.

Twintig jaar van anargie (695–717)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Leontios
(Λεόντιος)
695–698 Hy was ’n generaal en het Justinianus II afgesit. In 698 is hy in nog ’n opstand van die troon gesit. Hy is in Februarie 706 tereggestel.
Tiberius III (II) Apsimar
(Τιβέριος Γ' Αψίμαρος)
698–705 ’n Admiraal van Germaanse oorsprong wat aanvanklik Apsimar genoem is. Hy het teen Leontios in opstand gekom ná ’n mislukte ekspedisie. Hy het onder die naam Tiberius regeer tot hy in 705 deur Justinianus II verslaan is. In Februarie 706 tereggestel.
Justinianus II "met die Afgesnyde Neus"
(Ιουστινιανός Β' ο Ρινότμητος)
Augustus 705 –
Desember 711
Het na die troon teruggekeer danksy Bulgaarse ondersteuning. Het sy seun, Tiberius, in 706 medekeiser gemaak. Hy is in ’n militêre opstand afgesit en doodgemaak.
Philippikos Bardanes
(Φιλιππικός Βαρδάνης)
Desember 711 –
3 Junie 713
’n Generaal van Armeens afkoms. Hy het Justinianus II verslaan en is self in ’n opstand verslaan.
Anastasius II
(Αναστάσιος Β')
Junie 713 –
November 715
Oorspronklik Artemios genoem. Hy was ’n burokraat en sekretaris onder Philippikos en is deur die soldate wat laasgenoemde se bewind omvergewerp het, tot keiser verkies. Hy is in nog ’n militêre opstand afgesit. In 718 het hy die troon probeer terugkry en hy is doodgemaak.
Theodosius III
(Θεοδόσιος Γ')
Mei 715 –
25 Maart 717
Hy was ’n belastingsamptenaar en is deur opstandige troepe as keiser aangewys. Hy het geabdikeer ná die opstand van Leo die Isauriër en het ’n monnik geword.

Siriese dinastie (717–802)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Leo III "die Isauriër"
(Λέων Γ΄ ο Ίσαυρος)
25 Maart 717 –
18 Junie 741
Gebore omstreeks 685 in Commagene. Hy was ’n generaal wat ’n rebellie gelei het en in die lente van 717 die troon oorgeneem het.
Konstantyn V
(Κωνσταντίνος Ε΄ ο Κοπρώνυμος)
18 Junie 741 –
14 September 775
Gebore in Julie 718 as die enigste seun van Leo III. Medekeiser sedert 720 en alleenheerser vanaf sy pa se dood.
Artabasdos
(Αρτάβασδος)
Junie 741/742 –
2 November 743
Generaal en skoonseun van Leo III. Hy het ’n opstand gelei en Konstantinopel oorgeneem, maar is deur Konstantyn V verslaan en afgesit.
Leo IV "die Kasaar"
(Λέων Δ΄ ο Χάζαρος)
14 September 775 –
8 September 780
Gebore op 25 Januarie 750 as die oudste seun van Konstantyn V. Medekeiser vanaf 751 en alleenheerser ná sy pa se dood.
Konstantyn VI
(Κωνσταντίνος ΣΤ΄)
8 September 780 –
Augustus 797
Gebore in 771 as die enigste kind van Leo IV. Medekeiser sedert 776 en alleenheerser vanaf sy pa se dood in 780, tot 790 met sy ma, Irene van Athene, as regent. Hy is onttroon op bevel van Irene, verblind en in die tronk gegooi. Hy is waarskynlik later aan sy wonde dood.
Irene van Athene
(Ειρήνη η Αθηναία)
Augustus 797 –
31 Oktober 802
Gebore omstreeks 752 in Athene. Sy het met Leo IV getrou en was in 780–790 regent vir haar seun, Konstantyn VI. Sy het in 797 sy bewind oorgeneem. In 802 deur in paleisstaatgreep afgesit. Sy is verban en is op 9 Augustus 803 dood.

Dinastie van Nikephoros (802–813)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Nikephoros I "Logothetes"
(Νικηφόρος Α΄ ο Λογοθέτης)
31 Oktober 802 –
26 Julie 811
Minister van finansies (logothetes) onder Irene. Hy is in die Slag van Pliska gedood.
Staurakios
(Σταυράκιος)
2 Oktober 811 –
11 Januarie 812
Enigste seun van Nikephoros I, in Desember 803 as medekeiser aangewys. Hy het sy pa opgevolg. Hy is egter by Pliska gewond en was daarna verlam. Hy is gedwing om te abdikeer en het in ’n klooster gaan woon, waar hy kort daarna oorlede is.
Michael I Rangabe
(Μιχαήλ Α΄ Ραγγαβέ)
11 Januarie 812 –
11 Julie 813
Skoondeun van Nikephoros I. Het Staurakios ná sy abdikasie opgevolg. Hy het geabdikeer ná die opstand onder Leo die Armeen en in ’n klooster gaan woon, waar hy op 11 Januarie 844 dood is. Het regeer saam met sy oudste seun, Theophilus as medekeiser.

Geen dinastie (813–820)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Leo V "die Armeen"
(Λέων Ε' ο Αρμένιος)
11 Julie 813 –
25 Desember 820
Gebore omstreeks 775. Hy was ’n generaal van Armeense oorsprong. Hy het teen Michael I in opstand gekom en keiser geword. Hy het sy seun Symbatios in 813 medekeiser gemaak onder die naam Konstantyn. Vermoor in ’n sameswering onder Michael die Amoriaan.

Frigiese dinastie (820–867)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Michael II "die Hakkelaar" of "die Amoriaan"
(Μιχαήλ Β΄ ο Τραυλός/Ψελλός, ο εξ Αμορίου)
25 Desember 820 –
2 Oktober 829
Gebore in 770 in Amorium, Frigië. Hy was ’n leëroffisier en vriend van Leo V. Hy is in ’n hoë amp aangestel, maar het die sameswering gelei waarin Leo vermoor is.
Theophilus
(Θεόφιλος)
2 Oktober 829 –
20 Januarie 842
Gebore in 813 as die oudste seun van Michael II. Hy was medekeiser sedert 821 en het sy pa ná sy dood opgevolg.
Michael III "die Dronkaard"
(Μιχαήλ Γ΄ ο Μέθυσος)
20 Januarie 842 –
23 September 867
Gebore op 19 Januarie 840, het Theophilos opgevolg met sy ma, Theodora, as regent tot 856 en met sy oom Bardas in effektiewe beheer van 862 tot 866. Vermoor deur Basilius die Masedoniër. Hy het van plesier gehou en is later deur aanhangers van Basilius "die Dronkaard" genoem.

Masedoniese dinastie (867–1056)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Basilius I "die Masedoniër"
(Βασίλειος Α΄ ο Μακεδών)
867 –
2 Augustus 886
Gebore omstreeks 811 in die Bisantynse distrik Masedonië. Hy het deur paleisdiens opgang gemaak en ’n gunsteling van Michael III geword. Hy het Michael se bewind omvergewerp en die Masedoniese dinastie gestig.
Leo VI "die Wyse"
(Λέων ΣΤ΄ ο Σοφός)
886 –
11 Mei 912
Gebore op 19 September 866, waarskynlik óf die seun van Basilius I of Michael III.
Alexander (III)
(Αλέξανδρος Γ΄)
11 Mei 912 –
6 Junie 913
Gebore in 870 as die seun van Basilius I. Hy het in 879 medekeiser geword en ná Leo VI se dood keiser.
Konstantyn VII "die koninklik-geborene"
(Κωνσταντίνος Ζ΄ ο Πορφυρογέννητος)
6 Junie 913 –
9 November 959
Gebore op 17/18 Mei 905 as die seun van Leo VI. Het op 15 Mei 908 medekeiser geword. Sy vroeë bewind is oorheers deur regente: eers sy ma, Zoë Karbonopsina, en patriarg Nicholas Mystikos, en vanaf 919 deur admiraal Romanos Lekapenos, wat Konstantyn met sy dogter laat trou het en homself in 920 as senior keiser gekroon het. Konstantyn is gesystap tydens die bewind van die Lekapene, maar het beheer oorgeneem deur Romanos se seuns vroeg in 945 af te sit.
Romanos I Lekapenos
(Ρωμανός Α΄ Λεκαπηνός)
17 Desember 920 –
16 Desember 944
Hy was ’n admiraal en het mag gekry as regent van die jong Konstantyn VII. Nadat hy die keiser met sy dogter laat trou het, het hy homself gekroon as senior keiser. Romanos het sy seuns Christopher, Stephen en Konstantyn as medekeisers aangestel bo Konstantyn VII, maar is self deur die twee laasgenoemdes omvergewerp en gedwing om ’n monnik op ’n eiland te word. Hy is op 15 Junie 948 daar dood.
Romanos II "die koninklik-geborene"
(Ρωμανός Β΄ ο Πορφυρογέννητος)
9 November 959 –
15 Maart 963
Gebore op 15 Maart 938, die laaste oorlewende seun van Konstantyn VII. Hy het laasgenoemde ná sy dood opgevolg. Hy was tot met sy dood aan die bewind, maar die regering is meestal deur die eunug Joseph Bringas gelei.
Nikephoros II Phokas
(Νικηφόρος Β΄ Φωκάς)
16 Augustus 963 –
11 Desember 969
Gebore omstreeks 912 in die magtige Phokas-clan van Bisantium. Hy was die suksesvolste generaal van sy generasie en ná Romanos II se dood het hy die troon met die hulp van die leër en volk bestyg as regent vir die jong keisers Basilius II en Konstantyn VIII. Hy het ook met die keiserlike weduwee, Theophano, getrou.
Johannes I Tzimiskes
(Iωάννης Α΄ Κουρκούας ο Τσιμισκής)
11 Desember 969 –
10 Januarie 976
Gebore omstreeks 925. Hy was die nefie van Nikephoros Phokas. Hy was ’n suksesvolle generaal en het ’n uitval gehad met sy oom. Hy het ’n sameswering deur ontevrede generaals gelei, wat sy oom vermoor het. Tzimiskes het Nikephoros opgevolg as keiser en regent vir die jong seuns van Romanos II. Hy is op ’n veldtog in die ooste dood.
Basilius II "die Bulgare-uitwisser"
(Βασίλειος Β΄ ο Βουλγαροκτόνος)
10 Januarie 976 –
15 Desember 1025
Gebore in 958 as die oudste seun van Romanos II. Die eerste dekade van sy bewind is gekenmerk deur mededinging met die magtige Basilius Lekapenos. Hy het ’n veldtog teen Bulgarye gelei en dit in 1018 onderwerp, vandaar sy bynaam. Sy bewind word beskou as die hoogtepunt van die Middeleeuse Bisantynse Ryk.
Konstantyn VIII "die Koninklik-geborene"
(Κωνσταντίνος Η΄ ο Πορφυρογέννητος)
15 Desember 1025 –
15 November 1028
Gebore in 960 as die tweede oudste seun van Romanos II. Hy het in Maart 962 medekeiser geword. Tydens Basilius II se bewind het hy ’n plesierige lewe gelei. Tydens sy kort tyd op die troon was hy ’n onbelangstellende heerser wat maklik deur ander beïnvloed is. Hy was ook bekommerd oor sameswerings teen hom, veral deur die militêre aristokrasie, en baie van hulle is verblind en verban. Op sy sterwensbed het hy Romanos Argyros as man vir sy dogter, Zoë, gekies.[5]
Zoë "die Koninklik-geborene"
(Ζωή η Πορφυρογέννητη)
15 November 1028 –
Junie 1050
Sy was die dogter van Konstantyn VIII en hom ná sy dood opgevolg. Haar drie mans, Romanos III (1028–1034), Michael IV (1034–1041) en Konstantyn IX (1042–1050), het saam met haar regeer.
Romanos III Argyros
(Ρωμανός Γ΄ Αργυρός)
15 November 1028 –
11 April 1034
Gebore in 968. Hy is op Konstantyn VII se sterwensbed deur hom gekies om met sy dogter, Zoë, te trou en het saam met haar regeer.
Michael IV "die Paflagoniër"
(Μιχαήλ Δ΄ ο Παφλαγών)
11 April 1034 –
10 Desember 1041
Gebore in 1010. Hy het die minnaar van keiserin Zoë geword terwyl haar eerste man, Romanos III, nog gelewe het. Hy het hom ná sy dood as keiser en haar man opgevolg. Hy is ná ’n lang siekte dood.
Michael V Kalaphates
(Μιχαήλ Ε΄ ο Καλαφάτης)
10 Desember 1041 –
20 April 1042
Gebore in 1015. Hy was die nefie en aangnome seun van Michael IV. Tydens sy bewind het hy Zoë probeer systap, maar ’n volksopstand het hom gedwing om haar op 19 April 1042 as keiserin te herstel saam met haar suster, Theodora. Hy is die volgende dag afgesit en gekastreer. Hy is op 24 Augustus 1042 dood.
Theodora
(Θεοδώρα)
19 April 1042 –
ná 31 Augustus 1056
Gebore in 984 en die jonger suster van Zoë. Sy het op 19 April 1042 medekeiserin geword. Nadat Zoë in Junie met haar derde man, Konstantyn XI, getrou het, is Theodora weer gesystap. Na Konstantyn se dood in 1055 (Zoë is in 1050 dood), het sy alleenheerser geword. Sy het tot met haar dood regeer en Michael VI as haar opvolger benoem.
Konstantyn IX Monomachos
(Κωνσταντίνος Θ΄ Μονομάχος)
11 Junie 1042 –
7, 8 of 11 Januarie 1055
Gebore omstreeks 1000 en van adellike afkoms. Hy is deur Michael IV na Lesbos verban. Hy het teruggekeer toe hy as Zoë se derde man gekies is.

Geen dinastie (1056–1057)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Michael VI Bringas, "Stratiotikos" of "die Oue"
(Μιχαήλ ΣΤ΄ Βρίγγας, ο Στρατιωτικός, ο Γέρων)
September 1056 –
31 Augustus 1057
’n Hofburokraat. Hy is in ’n militêre opstand onder Isak Komnenos afgesit en daarna in ’n klooster gaan bly waar hy in 1059 dood is.

Komnenos-dinastie (1057–1059)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Isak I Komnenos
(Ισαάκιος Α΄ Κομνηνός)
5 Junie 1057 –
22 November 1059
Gebore omstreeks 1007. Hy was ’n suksesvolle generaal wat tot keiser verkies is ná Michael VI se abdikasie op 31 Augustus 1057. Hy het in 1059 geabdikeer en is in 1060 dood.

Doukas-dinastie (1059–1081)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Konstantyn X Doukas
(Κωνσταντίνος Ι΄ Δούκας)
24 November 1059 –
22 Mei 1067
Gebore in 1006. Hy het ’n generaal geword en ’n bondgenoot van Isak Komnenos; hy het hom ná sy abdikasie opgevolg. Hy het sy seuns, Michael, Andronikos en Konstantyn as medekeisers aangewys.
Michael VII Doukas
(Μιχαήλ Ζ΄ Δούκας)
22 Mei 1067 –
24 Maart 1078
Gebore in 1050 as die oudste seun van Konstantyn X. Hy was medekeiser vanaf 1059 en het sy pa ná sy dood opgevolg met sy ma, Eudokia Makrembolitissa, as regent in 1067–1068. Hy was junior keiser onder haar tweede man, Romanos IV Diogenes, in 1068–1071. Hy was senior keiser in 1071–1078 en het sy seun, Konstantyn, as medekeiser saam met sy broers aangewys. Hy het voor die opstand van Nikephoros Botaneiates geabdikeer, in ’n klooster gaan woon en is omstreeks 1090 dood.
Romanos IV Diogenes
(Ρωμανός Δ΄ Διογένης)
1 Januarie 1068 –
24 Oktober 1071
Gebore in 1032. Hy was ’n suksesvolle generaal en het met die keiserlike weduwee Eudokia Makrembolitissa getrou. Hy het later senior keiser geword as beskermer van haar seuns by Konstantyn X. Hy is deur die Doukas-partisane afgesit, verblind en in Junie 1072 verban. Hy is kort daarna dood.
Nikephoros III Botaneiates
(Νικηφόρος Γ΄ Βοτανειάτης)
31 Maart 1078 –
4 April 1081
Gebore in 1001. Hy was ’n generaal van die distrik van Anatolië. Hy het teen Michael VII in opstand gekom en het hom opgevolg. Hy is in 1081 verslaan en het in ’n klooster gaan bly waar hy op 10 Desember van dié jaar dood is.

Komnenos-dinastie (1081–1185)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Alexios I Komnenos
(Αλέξιος Α' Κομνηνός)
4 April 1081 –
15 Augustus 1118
Gebore in 1048 en ’n nefie van Isak I Komnenos. Hy was ’n vooraanstaande generaal en het Nikephoros III se bewind omvergewerp. Hy het Konstantyn Doukas tot in 1087 as medekeiser laat aanbly en sy oudste seun, Johannes, in 1092 as medekeiser aangewys.
Johannes II Komnenos
(Ιωάννης Β' Κομνηνός)
15 Augustus 1118 –
8 April 1143
Gebore op 13 September 1087 as die oudste seun van Alexios I. Hy was medekeiser vanaf 1092 en het sy pa ná sy dood opgevolg. Hy was ’n gewilde heerser en bekend as "Johannes die Goeie". Hy het sy oudste seun, Alexios Komnenos, in 1122 as medekeiser aangewys, maar Alexios is voor hom dood.
Manuel I Komnenos
(Μανουήλ Α' Κομνηνός)
1143 –
24 September 1180
Gebore op 28 November 1118 as die derde oudste en jongste seun van Johannes II. Sy pa het hom op sy sterwensbed bo sy tweede oudste seun, Isak Komnenos, as sy opvolger aangewys.
Alexios II Komnenos
(Αλέξιος B' Κομνηνός)
24 September 1180 –
Oktober 1183
Gebore op 14 September 1169 as die enigste seun van Manuel I met sy ma, Maria van Antiogië, as regent in 1180–1182. Haar bewind is omvergewerp deur Andronikos I Komnenos, wat medekeiser geword het. Hy het Alexios II eindelik afgesit en doodgemaak.
Andronikos I Komnenos
(Ανδρόνικος Α' Κομνηνός)
1183 –
11 September 1185
Gebore omstreeks 1118. Hy was ’n broerskind van Johannes II. Sy pa was Isak Komnenos. Hy het Maria van Antiogië se bewind in 1182 omvergewerp en die troon van sy nefie, Alexios II, afgeneem. Hy was ’n ongewilde heerser en sy bewind is ’n ’n volksopstand omvergewerp.

Angelos-dinastie (1185–1204)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Isak II Angelos
(Ισαάκιος Β' Άγγελος)
1185–1195 Gebore in September 1156. Hy het aan die bewind gekom tydens ’n volksopstand teen Andronikos I. Hy is eindelik afgesit, verblind en in die tronk gestop deur sy ouer broer, Alexios III.
Alexios III Angelos
(Αλέξιος Γ' Άγγελος)
1195 –
17/18 Julie 1203
Gebore in 1153. Hy was die oudste broer van Isak II. Hy is afgesit deur die Kruisvaarders en is in 1211 in bannelingskap dood.
Isak II Angelos
(Ισαάκιος Β' Άγγελος)
18 Julie 1203 –
27/28 Januarie 1204
Teruggesit op die troon deur die Kruisvaarders. Die eintlike mag is gehou deur sy seun, Alexios IV. Hy is in Januarie 1204 deur Alexios V Doukas van die troon gesit en is op 28 Januarie 1204 dood, moontlik weens vergiftiging.
Alexios IV Angelos
(Αλέξιος Δ' Άγγελος)
1 Augustus 1203 –
27/28 Januarie 1204
Gebore in 1182 as die seun van Isak II. Hy het sy pa op die troon laat terugplaas en het saam met hom regeer. Hy is in Januarie 1204 afgesit deur Alexios V Doukas en op 8 Februarie verwurg.
Alexios V Doukas "Mourtzouphlos"
(Αλέξιος Ε' Δούκας ο Μούρτζουφλος)
5 Februarie 1204 –
13 April 1204
Gebore in 1140. Hy was die skoonseun van Alexios III en ’n vooraanstaande aristokraat. Hy het Isak II en Alexios IV se bewind in ’n paleisstaatsgreep omvergewerp. Hy is deur die Kruisvaarders gevang en in Desember 1205 tereggestel.

Laskaris-dinastie (Ryk van Nicea, 1204–1261)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Theodorus I Laskaris
(Θεόδωρος Α΄ Λάσκαρις)
1205–
Desember 1221/1222
Gebore omstreeks 1174. Hy was die skoonseun van Alexios III. Sy broer Konstantyn Laskaris is deur die burgers van Konstantinopel tot keiser verkies op die dag dat die Kruisvaarders die stad ingeneem het; hy het later na Nicea gevlug, waar Theodorus die Griekse weerstand teen die Latyne gereël het. Hy het Konstantyn ná sy dood in 1205 opgevolg, maar is eers in 1208 gekroon. Hy het die Ryk van Nicea gestig, wat die sterkste Griekse opvolgerstaat was.
Johannes III Doukas Vatatzes
(Ιωάννης Γ' Δούκας Βατάτζης)
15 Desember 1221/1222–
3 November 1254
Gebore omstreeks 1192. Hy het Theodorus I se skoonseun en in 1212 sy opvolger geword.
Theodorus II Laskaris
(Θεόδωρος Β' Λάσκαρις)
3 November 1254–
18 Augustus 1258
Gebore in 1221/1222 as die enigste seun van Johannes III, en het sy pa ná sy dood opgevolg.
Johannes IV Laskaris
(Ιωάννης Δ' Λάσκαρις)
18 Augustus 1258–
25 Desember 1261
Gebore op 25 Desember 1250 as die enigste seun van Theodorus II, en het sy pa ná sy dood opgevolg. Sy regent was eers George Mouzalon tot met sy moord, en daarna Michael Palaiologos, wat binne maande as senior keiser gekroon is. Dié het Johannes heeltemal gesystap, hom verblind en in die tronk gestop waar hy omstreeks 1305 dood is.

Palaiologos-dinastie (Konstantinopel herstel, 1261–1453)

[wysig | wysig bron]
Naam Bewind Opmerkings
Michael VIII Palaiologos
(Μιχαήλ Η' Παλαιολόγος)
1 Januarie 1259–
11 Desember 1282
Gebore in 1223 as die agterkleinseun van Alexios III. Senior keiser saam met Johannes IV in 1259, alleenheerser vanaf 25 Desember 1261.
Andronikos II Palaiologos
(Ανδρόνικος Β' Παλαιολόγος)
11 Desember 1282–
24 Mei 1328
Gebore op 25 Maart 1259 as die seun van Michael VIII. Hy het in September 1261 medekeiser geword en ná Michael se dood alleenheerser. Hy het die leër verwaarloos en in sy tyd het Bisantium se posisie in Klein-Asië ineengestort. Hy het sy seun Michael IX as medekeiser aangestel. In ’n Bisantynse burgeroorlog is hy eers gedwing om sy kleinseun Andronikos III as medekeiser te erken en daarna van die troon afgesit. Hy is op 13 Februarie 1332 dood.
Andronikos III Palaiologos
(Ανδρόνικος Γ' Παλαιολόγος)
24 Mei 1328–
15 Junie 1341
Gebore op 25 Maart 1297 as die seun van Michael IX en in 1316 as medekeiser aangewys. Hy het sy oupa Andronikos II in 1328 onttroon en tot met sy dood as alleenheerser regeer.
Johannes V Palaiologos
(Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος)
15 Junie 1341–
12 Augustus 1376
Enigste seun van Andronikos III. Hy is nie as medekeiser of opvolger aangewys nie en dit het gelei tot ’n burgeroorlog tussen sy regente en sy pa se naaste bondgenoot, Johannes VI Kantakouzenos, wat as medekeiser gekroon is. Die konflik het in 1347 geëindig toe Kantakouzenos as senior keiser erken is, maar hy is in 1354 deur Johannes onttroon tydens nog ’n burgeroorlog. Matteus Kantakouzenos, wat deur Johannes VI as medekeiser aangewys is, is ook in 1357 afgesit. Johannes V het die Weste se hulp teen die Ottomaanse Ryk gevra, maar in 1371 is hy gedwing om Ottomaanse opperheerskappy te aanvaar. Hy is in 1376 deur sy seun Andronikos IV van die troon gesit.
Johannes VI Kantakouzenos
(Ιωάννης ΣΤ' Καντακουζηνός)
8 Februarie 1347–
4 Desember 1354
’n Familielid aan moederskant van die Palaiologosse. Hy is op 26 Oktober 1341 as medekeiser aangewys en is tien jaar lank as senior keiser erken ná die einde van die Bisantynse burgeroorlog van 1341 tot 1347. Hy is in 1354 deur Johannes V onttroon, het ’n monnik geword en is op 15 Junie 1383 dood.
Andronikos IV Palaiologos
(Ανδρόνικος Δ΄ Παλαιολόγος)
12 Augustus 1376–
1 Julie 1379
Gebore op 2 April 1348 as die seun van Johannes V en kleinseun van Johannes VI. Hy het omstreeks 1352 medekeiser geword. Hy het sy pa se bewind op 12 Augustus 1376 omvergewerp en regeer tot in 1379 toe sy eie bewind omvergewerp is. Hy is in 1381 weer as medekeiser erken en is op 28 Junie 1385 dood.
Johannes V Palaiologos
(Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος)
1 Julie 1379–
14 April 1390
Is herstel as medekeiser. Hy het in 1381 vrede gemaak met Andronikos IV en hom weer aangestel as medekeiser. Hy is in 1390 weer onttroon, dié keer deur sy kleinseun Johannes VII.
Johannes VII Palaiologos
(Ιωάννης Ζ' Παλαιολόγος)
14 April 1390–
17 September 1390
Gebore in 1370 as die seun van Andronikos IV. Hy was in 1377–1379 medekeiser onder sy pa. Hy het sy oupa Johannes V in 1390 vir vyf maande van die troon verdring, maar met Ottomaanse bemiddeling is hy met sy oupa en sy oom Manuel II versoen. Hy is op 22 September 1408 dood.
Johannes V Palaiologos
(Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος)
17 September 1390–
16 Februarie 1391
Hy is tot senior keiser herstel en het tot met sy dood in Februarie 1391 regeer.
Manuel II Palaiologos
(Μανουήλ Β' Παλαιολόγος)
16 Februarie 1391–
21 Julie 1425
Gebore op 27 Junie 1350 as die tweede seun van Johannes V. Hy het in 1373 medekeiser geword. Ná Johannes V se dood het hy alleenheerser geword en regeer tot met sy dood.
Johannes VIII Palaiologos
(Ιωάννης Η' Παλαιολόγος)
21 Julie 1425–
31 Oktober 1448
Gebore op 18 Desember 1392 en was die oudste oorlewende seun van Manuel II. Hy het omstreeks 1416 medekeiser geword en sy pa ná sy dood opgevolg.
Konstantyn XI Palaiologos
(Κωνσταντίνος ΙΑ' Παλαιολόγος)
6 Januarie 1449–
29 Mei 1453
Gebore op 8 Februarie 1405 as die vierde seun van Manuel II. As oudste oorlewende broer het hy Johannes VIII ná sy dood opgevolg. Ná vergeefse oproepe om hulp aan die Weste, val Konstantinopel voor ’n finale Ottomaanse aanslag op 29 Mei 1453.[6]

Palaiologos-aanspraakmakers in bannelingskap

[wysig | wysig bron]
Foto Naam Status Gebore Keiser van Keiser tot Oorlede
Demetrios Palaiologos Δημήτριος Παλαιολόγος Seun van Manuel II, broer van Johannes VIII en Konstantyn XI omstreeks 1407 1453 1460 1470
Thomas Palaiologos Θωμάς Παλαιολόγος Seun van Manuel II, broer van Johannes VIII en Konstantyn XI omstreeks 1409 1453 12 Mei 1465 12 Mei 1465
Andreas Palaiologos Ανδρέας Παλαιολόγος Seun van Thomas omstreeks 1453 12 Mei 1465 1502 1502

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hooker, Richard (4 Junie 2007). "The Byzantine Empire. Middle Ages. World Cultures" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2011.
  2. p. 183, Karayannopoulous, Yanis, "State Organization, Social Structure, Economy, and Commerce," History of Hunamity – Scientific and Cultural Development from the Seventh to the Sixteenth Centuries, Vol. IV, M.A. Al-Bakhit, L. Bazin, S.M. Cissoko en M.S. Asimov, red., Unesco, Parys (2000)
  3. Nicol, Donald MacGillivray, Last Centuries of Byzantium, 1261–1453, Cambridge University Press, 2de uitg., 1993, bl. 72
  4. Kazhdan, Alexander P. (1991). "Leo II". Oxford Dictionary of Byzantium. New York; Oxford: Oxford University Press. 1207–1208. ISBN 978-0-19-504652-6. 
  5. "Constantine VIII". Oxford Dictionary of Byzantium. (1991). New York; Oxford: Oxford University Press. 503–504. ISBN 978-0-19-504652-6. 
  6. Talbot, Alice-Mary (1991). "Constantine XI Palaiologos". Oxford Dictionary of Byzantium. New York; Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-504652-6.