Gaan na inhoud

Irene van Athene

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Irene
Keiserin van die Bisantynse Ryk

Bewind 797802
Ander name Irene Sarantapechaina
Dinastie Siriese
Gebore Omstreeks 752
Oorlede 9 Augustus 803
Voorganger Konstantyn VI
Opvolger Nikephoros I
Eggenoot Leo IV
Kinders Konstantyn VI

Irene van Athene (Grieks: Ειρήνη η Αθηναία; omstreeks 752 – 9 Augustus 803) is die naam waaronder Irene Sarantapechaina (Ειρήνη Σαρανταπήχαινα) algemeen bekend was terwyl sy van 797 tot 802 die Bisantynse keiserin was. Voordat sy die heersende keiserin geword het, was sy van 775 tot 780 die vrou van keiser Leo IV en van 780 tot 797 regent vir haar seun, Konstantyn VI.

Irene was van die welgestelde Sarantapechos-familie van Athene. Sy is op 1 November 769 deur keiser Konstantyn V na Konstantinopel gebring waar sy op 17 Desember met sy seun, Leo, getrou het. Op 14 Januarie 771 het Irene die lewe geskenk aan ’n seun, Konstantyn. Hy is in 776 deur sy pa as medekeiser gekroon en het hom in 780 as alleenheerser opgevolg toe hy nege jaar oud was. Omdat hy minderjarig was, het hy saam met Irene en haar hoofminister, die eunug Staurakios, regeer.

Toe Konstantyn 16 word, het sy ma steeds die mag oor hom behou. Nadat ’n opstand teen haar in die lente van 790 onderdruk is, het sy probeer om amptelike erkenning as keiserin te kry. Dit het geboemerang en Konstantyn het in 790 met militêre steun aan die bewind gekom. Irene het egter die titel keiserin behou. Op 19 April 797 is Konstantyn deur ondersteuners van sy ma gevange geneem en sy oë is uitgesteek, en Irene is as eerste heersende keiserin gekroon. Dit is onseker wanneer Konstantyn dood is; dit was beslis voor 805, maar hy is waarskynlik aan sy wonde dood nadat hy verblind is.

Irene het vyf jaar lank regeer, van 797 tot 802. Daar word dikwels beweer dat sy die titel basileus (βασιλεύς, "keiser") gebruik het. Sy het egter meestal na haarself as basilissa (βασίλισσα, "keiserin") verwys, hoewel sy wel die titel basileus op drie geleenthede gebruik het.

In 802 het die parisiërs teen haar saamgesweer en Nikephoros I, die minister van finansies, op die troon geplaas. Irene is na Lesbos verban, waar sy die volgende jaar dood is.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Anastasius Bibliothecarius, Chronographia tripartita
  • Theophanes, Chronographia
  • The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.
  • Alexander, Archibald, en André Lagarde, Joseph Turmel. The Latin Church in the Middle Ages, C. Scribner's Sons, 1915.
  • Barbe, Dominique. Irène de Byzance: La femme empereur, Parys, 1990.
  • Sir Steven Runciman. "The Empress Irene." Conspectus of History 1.1 (1974): 1–11.
  • Herrin, Judith (2001). Women in Purple:Rulers of Medieval Byzantium. Londen: Phoenix Press. ISBN 1-84212-529-X.
  • Garland, Lynda (1999). Byzantine Empresses: Women and Power in Byzantium, AD 527–1204. Londen: Routledge. ISBN 0-415-14688-7.
  • Wace, Henry and William Smith, A Dictionary of Christian Biography, Literature, Sects and Doctrines, J. Murray, 1882.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia