Parkview, Johannesburg
Voorkoms
Parkview | |
---|---|
Koördinate: 26°10′S 28°2′O / 26.167°S 28.033°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,68 km2 (0,65 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 869 |
• Digtheid | 2 303/km2 (5 960/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 63.9% |
• Indiërs/Asiërs | 5.8% |
• Bruin mense | 2.0% |
• Swart mense | 24.4% |
• Ander | 3.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 68.7% |
• Afrikaans | 11.1% |
• Zoeloe | 4.6% |
• Tswana | 3.2% |
• Ander | 12.4% |
Parkview is 'n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika.
Parkview is sowat 4 km noordwes van die Johannesburgse stadsaal geleë. Dit is aangelê op die plaas Braamfontein en grens aan Dieretuinmeer en die Hermann Ecksteinpark. Die NG gemeente Parksig is in 1967 hier gestig, maar nadat die aangrensende NG gemeente Parkhurst (gestig in 1944) se lidmaattal afgeneem het, het die gemeentes saamgesmelt as die Parkkruin Familiekerk, wat bymekaarkom in die ou Parksig-kerk by Dundalklaan 13, Parkview.
Bron
[wysig | wysig bron]- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 8. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Parkview". Sensus 2011.