K2
K2 | |
---|---|
K2 in somer 2006
| |
Ligging | Pakistan en China |
Hoogte | 8 614[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 8 614 |
Reeks | Karakoram |
Koördinate | 35°52′57″N 76°30′48″O / 35.88250°N 76.51333°O |
Eerste bestyging | 31 Julie 1954 |
Eerste bestyger(s) | Achille Compagnoni Lino Lacedelli |
Maklikste roete | Abruzzi-roete |
K2 (Chinees: 乔戈里峰, Qogir; Oerdoe: کے ٹو, Ke Tu) is 'n berg in die Karakoramberge wat op die grens tussen Pakistan en die Volksrepubliek China geleë is. Met 'n hoogte van 8 614 meter is dit die tweede hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest.
Moeilikheidsgraad
[wysig | wysig bron]K2 staan bekend as een van die moeilikste berge ter wêreld om uit te klim. Dit is 'n baie steil berg met vele tegniese gedeeltes en 'n groot kans op vallende rotse en sneeustortings. Einde 2007 was daar wêreldwyd slegs 280 klimmers wat al die piek bereik het, terwyl 2 600 avonturiers al Berg Everest uitgeklim het. Sowat 77 bergklimmers het al hier gesterf. Die afklim is veral berug vanweë die vele klowe om te oorkom. Op 1 Augustus 2008 word elf mense aldaar dodelik verras toe 'n sneeustorting hul toue breek. K2 se afgeleë ligging (dit neem sewe dae se stap vanaf die naaste dorp) bemoeilik enige reddingspogings.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "K2, China/Pakistan". Peakbagger.com. Besoek op 30 April 2015.
- ↑ (nl) "Elf doden op K2, twee Nederlanders gered". De Morgen. 3 Augustus 2008. Besoek op 24 Maart 2021.
- ↑ (nl) "K2 is een van de dodelijkste bergen". De Standaard. 3 Augustus 2008. Besoek op 24 Maart 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie K2.
- (en) "K2". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Maart 2021.