Albakoor
Albakoor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Tribus: | Thunnini
|
Genus: | |
Spesie: | T. alalunga
|
Binomiale naam | |
Thunnus alalunga (Bonnaterre, 1788)
|
Die albakoor (Thunnus alalunga) is 'n roofvis wat deel van die Tunafamilie is en kom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voor en wêreldwyd in koeler, dieper water. In Engels staan die vis bekend as die Longfinfin Tuna of Albacore. Die vis is 'n gewilde sportvis.
Vorm
[wysig | wysig bron]Die vis is torpedovormig, donkerblou aan die bokant en terwyl die sye en pens silwergrys is. Die vinne is geel en die anale vinne is grys. Die pektorale vinne is lank. Die gemiddelde massa van die vis wissel van 10 tot 15 kg terwyl die Suid-Afrikaanse rekord 40 kg en die lengte van dié vis 140 cm is.
Gewoontes
[wysig | wysig bron]Hulle verkies koeler water, soos die Benguela-stroom aan die Weskus in die wintermaande wanneer die water van 16 tot 19 °C warm is, en kom voor tot op dieptes van 600 m. Hulle vreet veral pelagiese vis en pylinkvis.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978-1-77007-403-3
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 1-77007-345-0
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Oktober 2011. Besoek op 4 Desember 2011.