Showing posts with label Sydney McLaughlin-Levrone. Show all posts
Showing posts with label Sydney McLaughlin-Levrone. Show all posts

Friday, 9 August 2024

NALATENSKAP

Wanneer ons ons talente tot eer van God aanwend bou ons aan 'n ewige nalatenskap.

In hierdie tyd van die Olimpiese Spele kyk ek altyd uit vir deelnemers wat hierdie waarheid besef. Dis die deelnemers wat onthou sal word. Sydney McLaughlin-Levrone wat vanaand weer in die 400m-hekkies finaal gaan hardloop se woorde was soos volg nadat sy in 2021 goud gewen het en ook 'n rekord gehardloop het:

"Records come and go, the glory of God is eternal" en "I no longer run for self-recognition but to reflect His perfect will that is already set in stone. I don't deserve anything. But by grace, through faith, Jesus has given me everything."

Eric Lidell van Chariots of Fire-faam het in 1924 goud in Parys gewen. Sy woorde wat uitstaan is: "It has been a wonderful experience to compete in the Olympic Games and to bring home a gold medal. But since I have been a young lad, I have my eyes on a different prize. You see, each one of us is in a greater race than any I have run in Paris, and this race ends when God gives out the medals"

Abba Vader skryf asseblief hierdie waarheid op ons harte:
"Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal."(1 Kor 9:24l). 
Ek bid dit in Jesus Christus se naam. Amen.
Shalom shalom 
Piet Fouchee
(8 Augustus 2024)

Ns 
"The task that God assigns to you may be simple,  humble or ordinary. It may entail being the best wife  and mother, a godly husband and father, an efficient secretary or a good businessman. Whatever the task, if you finish it and do a thorough job, you will bring glory to God".
(Derek Prince) 

[Dankie, Brahm, vir die aanstuur van Nalatenskap.]