Peugeot 307 WRC
Voorkoms
Grönholm se Peugeot 307 WRC | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Peugeot Sport |
Produksie | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Wêreldtydrenmotor |
Uitleg | dwars-voorenjin, 4-wieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L Inlynviersilinder turbo, 16-klepper |
Ratkas | 5-gang sekwensiële X-trac handratkas |
Lengte | 4 344 mm |
Breedte | 1 770 mm |
Hoogte | 1 370 mm |
Massa | 1 230 kg |
Asafstand | 2 610 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Peugeot 206 WRC |
Die Peugeot 307 WRC is 'n tydrenmotor, gebaseer op die Peugeot 307 (CC weergawe) en ingedeel in die World Rally Car kategorie. Dit is deur Peugeot ingeskryf in die Wêreldtydrenkampioenskap in die seisoene van 2004 en 2005.
Die motor volg die suksesvolle 206 WRC op, maar kon egter nie hierdie resultate ewenaar nie. Die motor het met sy bestuurder Marcus Grönholm slegs drie Wêreldkampioenskapstydrenne in twee jaar gewen, en die vervaardigers- en bestuurderstitels het uitgebly.
Die motor was ook betrek by die fatale ongeluk van Markko Märtin in Brittanje 2005, waartydens sy navigator Michael Park gesterf het.
Peugeot het aan die einde van 2005 amptelik as fabriekspan aan die Wêreldtydrenkampioenskap onttrek.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Peugeot 307 WRC.
- (en) Profiel op Juwra.com
- (en) Profiel (WRC Evo 2) op Juwra.com