Gaan na inhoud

Pentakwark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Twee modelle van 'n generiese pentakwark

'n Vyfkwark-"sakkie"
'n Meson-barion-molekule
q stel 'n kwark voor, terwyl q 'n antikwark voorstel. Die golwende verbindingslyne stel gluone voor, wat die sterk wisselwerking tussen die kwarke bewerkstellig. Die kleure verteenwoordig die verskillende kleurladings van kwarke. Die kleure rooi, groen en blou moet elkeen teenwoordig wees en die oorblywende kwark en antikwark moet oor 'n ooreenstemmende kleur en antikleur beskik, wat hier deur blou en antiblou (ter illustrasie geel gekleurd) verteenwoordig word.

’n Pentakwark is ’n hipotetiese subatomiese deeltjie wat uit vier kwarke en ’n antikwark bestaan wat saamgebind is (in teenstelling met drie kwarke in normale barione). Aangesien die bariongetal van kwarke +13 en dié van antikwarke −13 is, sal die totale bariongetal 1 wees, wat as ’n eksotiese barion geklassifiseer sal word.

Michał Praszałowicz het in 1987 die eerste keer die bestaan van pentakwarke voorspel,[1] maar dit was buitengewoon moeilik om te ontdek, en sommige wetenskaplikes het selfs gemeen ’n onbekende natuurwet voorkom die vorming daarvan.[2]

In die middel 2000's het verskeie eksperimente die bestaan van pentakwarke na bewering bevestig,[3] maar latere eksperimente en ’n herontleding van die resultate kon geen bewyse vir die bestaan van die deeltjies oplewer nie.[4]

Op 13 Julie 2015 is twee verskillende pentakwarke na alle waarskynlikheid ontdek in eksperimente by die Groot Hadronversneller,[5] een met ’n massa van 4 449 MeV (byna vyf keer dié van ’n proton) en een van 4 380 MeV. Hulle bestaan uit twee op-kwarke, ’n af-kwark, ’n sjarme-kwark en ’n antisjarme-kwark, wat hulle kwarkonium-pentakwarke maak.[5][6] Die resultate moet nog verder ondersoek word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. M. Praszałowicz (1987). M. Jeżabek, M. Praszałowicz (red.). Proceedings of the Workshop on Skyrmions and Anomalies, Krakow, Poland, 1987. World Scientific. p. 112. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Julie 2013.
  2. Hazel Muir (2 Julie 2003). "Pentaquark discovery confounds sceptics". New Scientist (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2015. Besoek op 8 Januarie 2010.
  3. Kenneth Hicks (23 Julie 2003). "Physicists Find Evidence for an Exotic Baryon". Ohio-universiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2016. Besoek op 8 Januarie 2010.
  4. Kyk p. 1124 in C. Amsler et al. (Particle Data Group) (2008). "Review of Particle Physics" (PDF). Physics Letters B. 667 (1–5): 1. Bibcode:2008PhLB..667....1A. doi:10.1016/j.physletb.2008.07.018.
  5. 5,0 5,1 R. Aaij et al (LHCb), 2015. Observation of J/ψp resonances consistent with pentaquark states in Λ0b→J/ψKp decays
  6. I. Sample (14 Julie 2015). "Large Hadron Collider scientists discover new particles: pentaquarks". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2015.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]