Gaan na inhoud

NTFS-3G

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NTFS-3G
Kort opsomming van die logo.
Ontwikkelaar Szabolcs Szakacsits
Bedryfstelsel Linux, Mac OS X, FreeBSD, NetBSD, Solaris, BeOS en Haiku
Lisensie GPL
Webblad https://www.ntfs-3g.org

NTFS-3G is 'n oopbron, vrylik beskikbare aandrywer vir die NTFS-lêerstelsel vir Linux, Mac OS X, FreeBSD, NetBSD, Solaris, BeOS en Haiku. Dit word onder die voorwaardes van die GNU General Public License versprei. Dit is 'n stabiele program wat aktief ontwikkel word en is uit ntfsmount afgelei.

NTFS-3G is in Julie 2006 deur Szabolcs Szakacsits bekendgestel. Die eerste stabiele weergawe (1.0) is op 21 Februarie 2007 vrygestel.