Ignacy Łukasiewicz
Ignacy Łukasiewicz | |
---|---|
Gebore | Jan Józef Ignacy Łukasiewicz 8 Maart 1822 Zaduszniki naby Baranów Sandomierski, Keiserryk Oostenryk |
Sterf | 7 Januarie 1882 (op 59) Chorkówka, Oostenryk-Hongarye |
Nasionaliteit | Pole |
Beroep | chemikus, apteker en pionier |
Bekend vir | apteker, stigter van die moderne petroleum-industrie en uitvinding van die moderne paraffien-lamp |
Ouer(s) | Apolonia Świetlik en Józef Łukasiewicz |
Jan Józef Ignacy Łukasiewicz (* 8 Maart 1822 in Zaduszniki naby Baranów Sandomierski, † 7 Januarie 1882 in Chorkówka) was 'n Poolse chemikus, apteker en pionier van die oliebedryf wat in 1856 die eerste olieraffinadery ter wêreld opgerig het.[1]
Sy ander prestasies sluit die ontdekking van 'n distilleringsproses vir keroseen, die uitvinding van die moderne petroleumlamp in 1853, die invoering van die eerste moderne straatlamp in Europa (1853) en die bou van die eerste olieboor in Pole (1854).[2]
Sy uitvindings het van Łukasiewicz 'n welvarende man gemaak, en hy was een van die bekendste filantrope in Galisië. Vanweë sy steun vir die ekonomiese ontwikkeling van hierdie Sentraal-Europese streek het 'n spreekwoord ontstaan waarvolgens alle geteerde paaie aan sy guldens te danke was.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Alison Fleig Frank: Oil Empire: Visions of Prosperity in Austrian Galicia. Harvard Historical Studies. Cambridge, MA: Harvard University Press 2005
- ↑ Universiteit van Warskou: Beduidende datums van die Poolse oliebedryf Geargiveer 19 Mei 2007 op Wayback Machine (pl) , (en)