Friesland
Fryslân Friesland | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Friesland in Nederland | |
Kaart van die provinsie Friesland | |
Koördinate: 53°8′N 5°49′O / 53.133°N 5.817°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Leeuwarden (Ljouwert) |
Grootste stad | Leeuwarden (Ljouwert) |
Regering | |
• Kommissaris | Arno Brok (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 5 753 km2 (2 221 vk. myl) |
• Land | 3 340 km2 (1 290 vk. myl) |
• Water | 2 413 km2 (932 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 659 551 |
• Digtheid | 197/km2 (510/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.fryslan.frl |
Friesland (Wes-Fries en amptelike naam: Fryslân)[2] is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noorde geleë.
Die provinsie het 'n bevolking van sowat 660 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 5 753 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 197 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).
Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die Ysselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.
Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddesee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.
Munisipaliteite
[wysig | wysig bron]Friesland (Fryslân) bestaan sedert 2019 uit 18 munisipaliteite:
Munisipaliteite | Friese naam | Inwoners (2023) |
Opmerkinge |
---|---|---|---|
Achtkarspelen | Achtkarspelen | 28 000 | |
Ameland | It Amelân | 3 800 | eiland |
Dantumadeel | Dantumadiel ¹ | 19 000 | |
De Friese Meren | De Fryske Marren ¹ | 52 000 | |
Harlingen | Harns | 16 000 | |
Heerenveen | It Hearrenfean | 52 000 | |
Leeuwarden | Ljouwert | 127 000 | |
Noordoost-Friesland | Noardeast-Fryslân ¹ | 46 000 | |
Ooststellingwerf | Eaststellingwerf | 26 000 | |
Opsterland | Opsterlân | 30 000 | |
Schiermonnikoog | Skiermûntseach | 980 | eiland |
Smallingerland | Smellingerlân | 56 000 | |
Terschelling | Skylge | 4 900 | eiland |
Tietjerksteradeel | Tytsjerksteradiel ¹ | 32 000 | |
Vlieland | Flylân | 1 300 | eiland |
Wadhoek | Waadhoeke ¹ | 47 000 | |
Weststellingwerf | Weststellingwerf | 27 000 | |
Zuidwest-Friesland | Súdwest-Fryslân ¹ | 91 000 |
¹ Friese naam is amptelike naam
Verwsyings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Statistieken provincie Friesland, AlleCijfers
- ↑ Die amptelike naam van die provinsie is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf
- Fryslân, Plaatsengids