Foyle
Foyle / An Feabhal | |
---|---|
UItsig oor die River Foyle vanaf Holly Hill naby Strabane | |
Oorsprong | River Mourne en River Finn |
Monding | Lough Foyle, Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Republiek van Ierland (Éire) en Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk |
Lengte | 129 km (80 myl) |
Mondinghoogte | 0 m |
Die Foyle-rivier (Engels: River Foyle, afgelei van die Ierse An Feabhal) is 'n rivier wat in die noordweste van die eiland Ierland deur westelike Ulster vloei, vanaf die samevloeiing van die Finn- en Mourne-riviere naby die nedersettings Lifford in die Ierse graafskap Donegal en Strabane in die Noord-Ierse graafskap Tyrone. Van hier vloei die Foyle deur Derry om in die meer Lough Foyle en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Gegewe sy grootte, is die Foyle die snelste vloeiende rivier in Europa.[1]
Die rivier, wat 'n totale lengte van 129 km (80 myl) het, skei 'n deel van die graafskap Donegal van gebiede in die Noord-Ierse graafskappe Londonderry en Tyrone. Die distrik langs die wesoewer van die Foyle in Donegal staan tradisioneel bekend as Laggan. Twee klein nedersettings, St. Johnston en Carrigans, is langs die rivieroewer geleë.
Die Foyle is gewild by watersportentoesiaste. 'n Aantal sportverenigings, wat kanovaart, seil- en roeisport beoefen, is langs die rivierloop gestig, terwyl 'n vasmeerplek vir bote en kleiner jagte, Foyle Port, langs in die middestad van Derry, net buite die kantore van die stadsraad, aangelê is. In die somermaande is waterski en jetski gewild.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Fauna
- Kanovaart