Eric Rosenthal
Eric Rosenthal | |
---|---|
Gebore | 10 Julie 1905 |
Sterf | 1983 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, historikus |
Eggenoot | Jenny Bradley |
Eric Rosenthal (10 Julie 1905, Nuweland, Kaapstad – 1983) was 'n Suid-Afrikaanse historikus en outeur. Hy het sy graad in die regte verwerf aan die Universiteit van die Witwatersrand en word 'n prokureur. Hy word later 'n joernalis en outeur van korporatiewe geskiedenis.
Hy was lid van die Three Wise Men op Springbokradio se vasvraprogram Test the Team. Hy was die oudste van twee kinders. Sy ouers was Richard Rosenthal en Hedwig de Beer. Hy het gedurende sy skoolloopbaan onder andere Parktown Preparatory School in Johannesburg en St. John's College bygewoon. Rosenthal trou op 18 Desember 1934 met Jenny Bradley in Westcliff, Johannesburg. Ná sy aftrede vestig hy hom in Vishoek naby Kaapstad.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]
|
|
|
Verskeie van sy boeke, soos die Encyclopaedia of Southern Africa is na Afrikaans vertaal (sien Ensiklopedie van Suidelike Afrika).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Rosenthal, E: Encyclopaedia of Southern Africa, Third Edition, Frederick Warne and Co. Ltd, 1965, Library of Congress Catalog Card Number 61-15433
- ↑ Rosenthal, E: Southern African Dictionary of National Biography, Frederick Warne and Co. Ltd, 1966, Library of Congress Catalog Card Number 66-15690
- ↑ Rosenthal, Eric (1975). Total's Book of Southern African Records. p. 160. ISBN 0-620-01923-9.