Altair
Altair | ||||
Die ligging van Altair in die sterrebeeld Arend. | ||||
Sterrebeeld | Arend | |||
Bayer-naam | Alpha Aquilae | |||
Spektraaltipe | A7 V | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 50m 46.99855s[1] | |||
Deklinasie | +08° 52′ 05.9563″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 0,76[2] | |||
Absolute magnitude (M) | 2,22[3] | |||
B-V-kleurindeks | +0,22[2] | |||
U-B-kleurindeks | +0,09[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,79 ± 0,018[4] | |||
Radius (R☉) | 1,63 tot 2,03[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 10,6[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 1,2[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 240[4] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,2[4] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Delta Scuti[3] | |||
Ander name | ||||
Atair, Alpha Aquilae, 53 Aquilae, BD+08°4236, FK5 745, GCTP 4665.00, GJ 768, HD 187642, HIP 97649, HR 7557, LFT 1499, LHS 3490, LTT 15795, SAO 125122[7][8] | ||||
|
Altair (ook Alpha Aquilae of α Aql genoem) is die helderste ster in die sterrebeeld Arend en die 12de helderste ster aan die naghemel. Dit is tans in die G-wolk: ’n nabygeleë interstellêre wolk, ’n versameling van gas en stof.[9][10]
Altair is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 0,77 en is een van die hoekpunte van die asterisme Winterdriehoek in die Suidelike Halfrond (in die Noordelike Halfrond word dit die Somerdriehoek genoem). Die ander twee hoekpunte van die Winterdriehoek is Deneb en Vega.[11][12] Dit is 16,7 ligjare van die Sonnestelsel af en is een van die naaste sterre wat met die blote oog gesien kan word.[13]
Altair roteer vinnig, met ’n spoed by sy ewenaar van sowat 286 km/s.[4] Waarnemings by die Palomar-sterrewag het gewys Altair is nie sferies nie, maar plat by die pole vanweë sy hoë rotasiespoed.[14] Ander interferometriese studies met verskeie teleskope in die infrarooi het dit bevestig.[4]
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquilae". Die tradisionele naam, "Altair", word sedert die Middeleeue gebruik en is ’n afkorting van die Arabiese frase النسر الطائر an-nasr aṭ-ṭāʼir, "die vlieënde arend".[15]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode: 2007A&A...474..653V
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Ducati, J.R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
- ↑ 3,0 3,1 Buzasi, D. L.; Bruntt, H.; Bedding, T. R.; Retter, A.; Kjeldsen, H.; Preston, H. L.; Mandeville, W. J.; Suarez, J. C.; Catanzarite, J. (Februarie 2005). "Altair: The Brightest δ Scuti Star". The Astrophysical Journal (in Engels). 619 (2): 1072–1076. arXiv:astro-ph/0405127. Bibcode:2005ApJ...619.1072B. doi:10.1086/426704. ISSN 0004-637X.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 Zhao, M; Pedretti, E; Thureau, N; Ireland, M; Muirhead, P; Berger, J. P.; Millan-Gabet, R; Van Belle, G (2007). "Imaging the surface of Altair". Science. 317 (5836): 342–345. Bibcode:2007Sci...317..342M. doi:10.1126/science.1143205. PMID 17540860.
- ↑ Resolving the Effects of Rotation in Altair with Long-Baseline Interferometry, D. M. Peterson et al., The Astrophysical Journal 636, #2 (January 2006), pp. 1087–1097, doi:10.1086/497981, Bibcode: 2006ApJ...636.1087P; see Table 2 for stellar parameters.
- ↑ Robrade, J.; Schmitt, J. H. M. M. (April 2009), "Altair - the "hottest" magnetically active star in X-rays", Astronomy and Astrophysics 497 (2): 511–520, doi:10.1051/0004-6361/200811348, Bibcode: 2009A&A...497..511R.
- ↑ HR 7557, database entry, The Bright Star Catalogue, 5th Revised Ed. (Preliminary Version), D. Hoffleit and W. H. Warren, Jr., CDS ID V/50. Accessed on line November 25, 2008.
- ↑ Entry 19508+0852, The Washington Double Star Catalog, United States Naval Observatory. Besoek op 25 November 2008.
- ↑ "Our Local Galactic Neighborhood". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2013.
- ↑ Gilster, Paul (1 September 2010). "Into the Interstellar Void". Centauri Dreams (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2017. Besoek op 26 Maart 2017.
- ↑ Altair, entry, The Internet Encyclopedia of Science, David Darling. Accessed on line November 25, 2008.
- ↑ Summer Triangle, entry, The Internet Encyclopedia of Science, David Darling. Besoek op 26 November 2008.
- ↑ Hoboken, Fred Schaaf (2008). The brightest stars : discovering the universe through the sky's most brilliant stars. New Jersey: John Wiley & Sons, Inc. p. 194. ISBN 978-0-471-70410-2. OCLC 440257051.
- ↑ Belle, Gerard T. van; Ciardi, David R.; Thompson, Robert R.; Akeson, Rachel L.; Lada, Elizabeth A. (2001). "Altair's Oblateness and Rotation Velocity from Long-Baseline Interferometry". The Astrophysical Journal (in Engels). 559 (2): 1155–1164. Bibcode:2001ApJ...559.1155V. doi:10.1086/322340. ISSN 0004-637X.
- ↑ "the definition of altair". www.dictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2019. Besoek op 30 September 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Star with Midriff Bulge Eyed by Astronomers, JPL, 25 Julie 2001.
- PIA04204: Altair, Nasa. Foto deur Palomar.
- Altair by SolStation.
- Foto van Altair van Aladin.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Altair.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia