1 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
1 September is die 244ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (245ste in skrikkeljare). Daar volg nog 121 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 827 – Pous Valentinus volg Pous Eugenius II op. (waarskynlike datum).
- 1181 – Pous Lucius III volg Pous Alexander III op.
- 1271 – Pous Gregorius X volg Pous Clemens IV op.
- 1681 – Pous Innocentius XI stel 16 nuwe kardinale aan waaronder Antonio Pignatelli del Rastrello (later Pous Innocentius XII).
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Hyacintha van Mariscotti salig.
- 1905 – Alberta en Saskatchewan word provinsies binne die Kanadese Konfederasie.
- 1914 – Die laaste trekduif sterf in 'n Amerikaanse dieretuin.
- 1923 – Groot Kanto aardbewing verwoes Tokio en Jokohama – ongeveer 100 000 mense sterf.
- 1939 – Nazi-Duitsland val Pole binne met aanvalle op Wielun en Westerplatte – die direkte aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog.
- 1969 – In Libië word koning Muhammad Idris I as-Sanusi se bewind omver gewerp in 'n militêre staatsgreep onder Moeammar al-Ghaddafi.
- 1972 – Bobby Fischer word die eerste Amerikaner wat die Wêreld-skaakkampioentitel verower.
- 1983 – Die handelslugredery-vliegtuig Korean Air Vlug 7, met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord, word deur 'n Sowjet Soechoi Su-15 vegvliegtuig afgeskiet.
- 1985 – Die Suid-Afrikaanse regering skort betaling van alle buitelandse skuld op.
- 1986 – Liechtenstein betree die Europese Vryhandelsvereniging.
- 1991 – Oesbekistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1995 – Richard Barbrook en Andy Cameron se essay; The Californian Ideology word in Mute tydskrif gepubliseer, waarin die konsep Kaliforniese ideologie, vir die eerste keer uiteengesit word.
- 2009 – Fidji se lidmaatskap van die Britse Statebond word opgeskort.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1711 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste oorerflike stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland († 1751)
- 1864 – Roger Casement, Ierse nasionalis († 1916).
- 1845 – Paul Methuen, Britse krygsman († 1932).
- 1851 – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, 'n Britse koloniale administrateur in Afrika († 1845).
- 1875 – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan († 1950).
- 1913 – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis († 1998).
- 1921 – Willem Frederik Hermans, Nederlandse skrywer († 1995).
- 1935 – Dawid Kruiper, 'n tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari († 2012).
- 1935 – Sheugnet Buys, Afrikaanse skrywer en dramaturg.
- 1965 – Craig McLachlan, Australiese akteur en sanger.
- 1975 – Maryana Iskander, sedert 5 Januarie 2022 die nuwe uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting.
- 1994 – Carlos Sainz jr., Spaanse Formule Eenrenjaer.
- 1996 – Zendaya, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1159 – Pous Adrianus IV, die 169ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1100).
- 1557 – Jacques Cartier, Franse ontdekkingsreisiger (* 1491).
- 1648 – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof (* 1588).
- 1715 – Lodewyk XIV van Frankryk die "Sonkoning", na 72 jaar se heerskappy, langer as enige ander belangrike Europese monarg (* 1638).
- 1950 – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur (* 1891).
- 1953 – Jacques Thibaud, Franse violis (* 1880).
- 1957 – Dennis Brain, Britse virtuoos horingspeler (* 1921).
- 1961 – Eero Saarinen (50), Fins-Amerikaanse argitek.
- 1967 – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald (* 1906).
- 1967 – Siegfried Sassoon, Engelse leërkaptein, joernalis en digter (* 1886).
- 1970 – François Mauriac, Franse skrywer (* 1885).
- 1981 – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening (* 1905).
- 1982 – Władysław Gomułka, Poolse politikus (* 1905).
- 2009 – Erich Kunzel, Amerikaanse dirigent (* 1935).
- 2010 – Cammie King, Amerikaanse aktrise (* 1934).
- 2016 – Jon Polito, Amerikaanse akteur (* 1950).
- 2019 – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam (* 1944).
- 2023 - Jimmy Buffett, Amerikaanse sanger ("Margaritaville") (* 1946).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 September. |