16 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
16 Mei is die 136ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (137ste in skrikkeljare). Daar volg nog 229 dae in die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1003 – Pous Johannes XVII volg Pous Silvester II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1532 – Heer Thomas More bedank as Lord Chancellor van Engeland.
- 1568 – Mary, koningin van Skotland vlug na Engeland.
- 1605 – Pous Paulus V volg Pous Leo XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1672 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-priester van S. Sisto.
- 1770 – Die 14-jarige Marie Antoinette trou met die 15-jarige Louis-Auguste (wat later Koning van Frankryk word).
- 1803 – Pous Pius VII stel Miguel Carlos José de Noronha, kanunnik proto-diaken van die katedraal van Lissabon en Luigi Gazzoli, ouditeur van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1820 – Die NG gemeente Beaufort-Wes gestig as negende oudste gemeente van die Kaapse NG Kerk.
- 1823 – Pous Pius VII stel Anne-Louis-Henri de La Fare, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal.
- 1866 – Die Kongres van die Verenigde State onttrek die halftiensentstukmunt (half-dime) en vervang dit met die vyfsentstuk, (nickle) genoem.
- 1866 – Uitvinding van root beer deur Charles Elmer Hires.
- 1910 – Die Kongres van die Verenigde State keur die skepping van die Verenigde State Buro van Myne goed.
- 1920 – Pous Benedictus XV verklaar Johanna van Arkel (Jeanne d'Arc) heilig.
- 1920 – Die Switserse volk keur die referendum goed waarvolgens Switserland lid van die Volkebond mag word.
- 1929 – In Hollywood, Kalifornië word die eerste Oscar (deur die Amerikaanse Filmakademie) toegeken.
- 1943 – Die Warsaw ghettoopstand eindig.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Dambuster Raids vind plaas deur die RAF 617 Squadron op Duitse damme.
- 1948 – Chaim Weizmann word verkies as eerste President van Israel.
- 1969 – Wenera-ruimteprogram: Wenera 5, ’n Sowjetruimtetuig, land op Venus.
- 1975 – Indië annekseer Sikkim.
- 1975 – Junko Tabei word die eerste vrou wat die piek van Everest bereik.
- 1992 – STS-49: Ruimtependeltuig Endeavour land veilig na 'n suksesvolle nooiensvlug.
- 2002 – Star Wars Episode II: Attack of the Clones open in teaters.
- 2007 – Nicolas Sarkozy word as die staatspresident van Frankryk beëdig.
- 2010 – Engeland wen die eindstryd van die derde T20I-wêreldbeker in Wes-Indië met sewe paaltjies teen Australië.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1611 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI), die 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1689).
- 1745 – Adriaan van Jaarsveld, Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog († 1801).
- 1801 – William H. Seward, Amerikaanse politikus en staatsman († 1872).
- 1818 – Willem Cornelis Janse van Rensburg, tweede President van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1865).
- 1905 – Henry Fonda, Amerikaanse akteur († 1982).
- 1919 – Liberace, Amerikaanse sanger, pianis en akteur († 1987).
- 1919 – Gisela Uhlen, Duitse aktrise († 2007).
- 1922 – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent († 2010).
- 1942 – Piet Greyling, Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1953 – Pierce Brosnan, Ierse akteur.
- 1955 – Debra Winger, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Kobus Wiese, oud-Springbokrugbyspeler.
- 1966 – Janet Jackson, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer, danseres en aktrise.
- 1973 – Tori Spelling, Amerikaanse aktrise en skrywer.
- 1982 – Tiya Sircar, Amerikaanse aktrise.
- 1985 – Jing Lusi, Chinese aktrise.
- 1986 – Megan Fox, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1989 – Behati Prinsloo, Namibiese internasionale model.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1830 – Joseph Fourier, Franse wiskundige en fisikus (* 1768).
- 1926 – Mehmet VI, laaste Ottomaanse sultan (* 1861).
- 1930 – Sir Henricus Hubertus Juta, 'n speaker en regter van die Kaapkolonie (* 1857).
- 1959 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter (* 1894).
- 1984 – Andy Kaufman, Amerikaanse komediant en akteur (* 1949).
- 1985 – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise (* 1902).
- 1990 – Jim Henson, Amerikaanse poppemeester, regisseur en skepper van The Muppets (* 1936).
- 1990 – Sammy Davis Jr., Amerikaanse sanger, danser en akteur (* 1925).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- In die Ierse Kalender – Fees van Sint Brendan die Navigator.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 May. |