Gaan na inhoud

Psalms: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k Wêreldspektrum-skakel, replaced: * Wêreldspektrum, 1982 → * Wêreldspektrum, 1982 using AWB
 
(35 wysigings tussenin deur 23 gebruikers nie gewys nie)
Lyn 1: Lyn 1:
[[Lêer:Bhs psalm1.png|duimnael|Die eerste Psalm in Hebreeus]]
'''Psalms''' (uit die [[Grieks (taal)|Grieks]]: Psalmoi, Ψαλμοί; [[Hebreeus]]: Tehilim, תהילים) is 'n boek in die Hebreeuse [[Bybel]] (die Tanakh of die Ou Testament). Omdat die oorspronklike betekenis van die woord lied beteken, kan die woord psalm gebruik word om godsdienstige lied te beteken.
[[Lêer:Psalms scroll.PNG|duimnael|links|Die Psalms op 'n [[boekrol]]]]


'''Psalms''' (uit die [[Grieks]]: Psalmoi, Ψαλμοί; [[Hebreeus]]: Tehilim, תהילים) is 'n boek in die Hebreeuse [[Bybel]] (die Tanakh of die [[Ou Testament]]). Omdat die oorspronklike betekenis van die woord lied beteken, kan die woord psalm gebruik word om godsdienstige lied te beteken.
Die boek Psalms is 'n versameling liedere wat oor 'n lang tydperk ontstaan het en gebruik is in die godsdiens van Israel. Daar is verskillende soorte liedere, byvoorbeeld lof-, klaag- en dankliedere wat 'n goeie beeld gee van die geloofshouding van die volk, asook van enkelinge. Die boek is in vyf liedversamelings ingedeel: Ps. 1-41, 42-72, 73-89, 90-106, 107-150. Hierdie indeling is waarskynlik laat gemaak om die eerste vyf boeke van die Bybel, die Torah - die Wet - (ook bekend as die Pentateug) te ego.


Die boek Psalms is 'n versameling liedere wat oor 'n lang tydperk ontstaan het en gebruik is in die godsdiens van [[Israel]]. Daar is verskillende soorte liedere, byvoorbeeld lof-, klaag- en dankliedere wat 'n goeie beeld gee van die geloofshouding van die volk, asook van enkelinge. Die boek is in vyf liedversamelings ingedeel: Ps. 1-41, 42-72, 73-89, 90-106, 107-150. Hierdie indeling is waarskynlik laat gemaak om die eerste vyf boeke van die Bybel, die [[Torah]] - die Wet - (ook bekend as die [[Pentateug]]) te ego.
Daar is 150 psalms in die Bybel deur verskillende digters. Die langste psalm is Psalm 119 'n uitgebreide alfabetsgedig of te wel akrostikon.


Daar is 150 psalms in die Bybel deur verskillende digters. Die langste psalm is Psalm 119 'n uitgebreide alfabetsgedig of te wel [[akrostikon]].
[[Kategorie:Hebreeuse Bybel]]


In sowel die Joodse as Christelike erediens, en in die persoonlike gebed, beklee die Psalms 'n belangrike plek. Dit bly steeds 'n uitdaging vir die digters om in die vertaling daarvan 'n kompromis te vind tussen die Hebreeuse taaleie en die steeds veranderende ontvangende taal (doeltaal).
[[ar:مزمور]]

[[arc:ܡܙܡܘܪܐ]]
Die Boek van die Psalms in die [[Bybel]] is 'n versameling van 150 oud-Hebreeuse lofsange, en is waarskynlik 'n doelbewuste versameling uit 'n baie omvangryker oud-Israelitiese liedereskat. Dit word bevestig deur liedere wat elders in die Bybel voorkom, onder meer in Habakuk 2, Jona 2 en 1 Samuel 2. Die benaming psalm (Grieks ''psalmos'' = "lofsang") word egter uit praktiese oorwegings beperk tot die liedere van die boek van die Psalms, wat ook wel psalterium of psalter genoem word.
[[be:Псалмы]]

[[bg:Псалтир]]
Die Boek van die Psalms word in vyf dele onderverdeel (1 - 41, 42-72, 73- 89, 90- 106 en 107-150), wat waarskynlik 'n weerspieëling van die vyf boeke van [[Moses]], die Pentateug, is. In baie psalm-opskrifte kom die naam Dawid voor, sodat daar algemeen van die Psalms van Dawid gepraat word. Hoewel [[Dawid]] ongetwyfeld 'n onuitwisbare stempel op die oud-Hebreeus godsdienstige digkuns gelaat het, is dit ook seker dat hy nie die skrywer van al die psalms was nie.
[[ca:Llibre dels Salms]]

[[ceb:Mga Salmo]]
Heelparty moes ontstaan het tussen die tyd van sy dood (ca. 960 v.C.) en die Babiloniese ballingskap (587-538 v.C.) en, te oordeel na die woordgebruik, ook nog daarna. Belangrike eksegete op die gebied van die psalmondersoek was Hermann Gunkel (1862- 1932), wat ''Sitz im Leben'', die agtergrond van die Psalms, beskryf het. Hy het probeer om die agtergrond van die 150 Psalms te verklaar op grond van die funksie wat dit by die [[Kulturele Rewolusie|kultus]] vervul het, terwyl die Noor Sigmund Mowinckel (1884-1965) die Psalms vanuit die godsdiensgeskiedenis probeer verklaar het. In die verband het hy ook gemeen dat baie Psalms beter verklaar kan word wanneer daar (soos in [[Babilon]]) ook in Israel 'n troonbestygingsfees van [[JHWH|Jahweh]] sou bestaan het.
[[cs:Kniha žalmů]]

[[cy:Llyfr y Salmau]]
Of so 'n fees werklik bestaan het, is nie seker nie. Die eksegete G. Widengren en M. Dahood het 'n groot bydrae gelewer tot die psalmondersoek deur die Psalms uit Babiloniese en Ugaritiese tekste meer verstaanbaar te maak. Hoewel al die Psalms godsdienstig van aard is, verskil hulle tog onderling wat sowel inhoud as vorm betref. Daar is gebede, klagtes, lofliedere en leerdigte. Soms spreek die digter baie persoonlik en liries, dan spreek hy weer namens die hele volk of ʼn bepaalde groep. In baie gevalle word daar af in die Hebreeuse teks opskrifte gevind wat die lied by ʼn bepaalde groep indeel, byvoorbeeld die "Psalm van Asaf" (Ps. 50,73-83). Asaf was heel moontlik die naam van 'n sangersgilde wat omstreeks 538 v.C. eerste uit die [[Babiloniese metode|Babiloniese]] ballingskap teruggekeer het.
[[da:Salmernes Bog]]

[[de:Buch der Psalmen]]
Baie psalmopskrifte is egter tot vandag toe nog nie verklaar nie, ondanks intensiewe ondersoeke wat gedoen is. Die details van die reëls wat deur die psalmdigters gevolg is, is onbekend. Sekere afwykende woordkeuses kom voor, asook die gewoonte om iets twee keer met verskillende woorde te sê, die sogenaamde ''parallelismus membrorum'', byvoorbeeld: "Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies kan neerlê ... " (Ps. 84:4).
[[el:Ψαλμός]]

[[en:Psalms]]
Die psalmdigters het vermoedelik probeer om ʼn bepaalde versmaat of 'n vaste [[ritme]] te handhaaf. 'n Groot aantal van die Psalms is gebruik in die liturgie van die tempel in Jerusalem en beklee ook in die liturgie van die sinagoge tot vandag toe 'n belangrike plek. Die Psalms vervul egter hul grootste rol in die persoonlike oordenking. Die Christelike Kerk het die liturgiese funksie van die Psalms in die erediens oorgeneem, onder meer as belangrike onderdeel van die missaal en die brevier (die gebedeboek vir die priesters).
[[eo:Psalmo]]

[[es:Libro de los Salmos]]
Die [[Protestantse kerke|Protestantse Kerk]] in [[Nederland]] en [[Suid-Afrika]] gebruik 'n omdigting in berymde [[koeplet]]te (psalmberyming), wat op 16e-eeuse melodieë deur die hele gemeente gesing word. In 1976 is daar in Suid-Afrika begin om die melodieë van die Psalms te hersien. Die woorde van die Psalms het in groot mate die taal en die uitdrukkings van die sinagogale gebede beïnvloed, en dieselfde geld ook vir die gebede en die liturgie van die Christelike Kerke.
[[fa:مزامیر]]

[[fi:Psalmien kirja]]
Die Psalms het as lied of musikale komposisie, of as materiaal vir persoonlike oordenking, vir talle mense vertroosting gebied, byvoorbeeld Ps.130 "De profundis" (Uit dieptes gans verlore ... ), wat as ʼn bedevaartslied gebruik word. Ook die digters het hulle deur die eeue heen aangetrokke gevoel tot die Boek van die Psalms. Bekende berymings van die Psalms sluit onder meer in die van Marnix van St. Aldegonde, Joost van den Vondel (harpgesange van [[Dawid]]) en [[Gabriel Smit]] (geb. 1910), terwyl talle digters een of meer Psalms berym het.
[[fr:Livre des Psaumes]]

[[ga:Leabhar na Salm]]
Die mees onlangse (Nederlandse) vertaling van die Psalms is die van die digteres Ida Gerhardt (geb. 1905) en Marie van der Zeyde van 1972, wat enersyds probeer het om die Hebreeuse taaleie so goed as moontlik weer te gee, en andersyds die oorspronklike ritme te behou. Met die tweede herlewing van Afrikaans in Suid-Afrika, en die vertaling van die Bybel in [[Afrikaans]], het daar ook 'n behoefte ontstaan aan 'n Psalmboek in Afrikaans. In 1920 het dr. [[J.D. du Toit]] (Totius) opdrag van die Sinode van die Gereformeerde Kerk ontvang om die Psalms in Afrikaans te berym.
[[gl:Salmo]]

[[he:תהילים]]
Sy berymings vir die 150 Psalms is goedgekeur, terwyl ook berymings van dr. [[G.B.A. Gerdener]] (tweede beryming van Psalm 23) en die van ds. Kuhn (tweede beryming van Psalm 130) aanvaar is.
[[hr:Psalmi]]

[[hu:A zsoltárok könyve]]
== Bronnelys ==
[[id:Kitab Mazmur]]
* [[Wêreldspektrum]], 1982, ISBN 0908409648, volume 23, bl. 133
[[is:Sálmarnir]]

[[it:Salmi]]
{{Commonskat|Psalters}}
[[ja:詩篇]]
{{Wikt|Psalms}}
[[jv:Masmur]]
{{Bybelboeke}}
[[ko:시편]]
{{Normdata}}
[[ku:Zebûr]]

[[la:Liber Psalmorum]]
[[Kategorie:Hebreeuse Bybel]]
[[ln:Nzémbo (búku)]]
[[Kategorie:Ou Testament]]
[[lt:Psalmynas]]
[[lv:Psalmi]]
[[ml:സങ്കീർത്തനങ്ങൾ]]
[[nds:Psalmen]]
[[nl:Psalmen]]
[[nn:Salmane]]
[[no:Salmenes bok]]
[[nrm:Sieaume]]
[[pl:Księga Psalmów]]
[[pt:Livro de Salmos]]
[[qu:Salmukuna]]
[[ru:Псалом]]
[[sco:Psaums]]
[[sh:Psalmi]]
[[simple:Psalms]]
[[sk:Kniha žalmov]]
[[sl:Knjiga psalmov]]
[[sn:Mapisarema]]
[[sq:Psalmi]]
[[sr:Псалми]]
[[sv:Psaltaren]]
[[ta:திருப்பாடல்கள் (நூல்)]]
[[tl:Mga Salmo]]
[[tr:Zebur]]
[[uk:Псалтир]]
[[wa:Såme (priyire)]]
[[yi:תהילים]]
[[yo:Ìwé Psalmu]]
[[zh:詩篇]]

Huidige wysiging sedert 20:00, 8 Mei 2024

Die eerste Psalm in Hebreeus
Die Psalms op 'n boekrol

Psalms (uit die Grieks: Psalmoi, Ψαλμοί; Hebreeus: Tehilim, תהילים) is 'n boek in die Hebreeuse Bybel (die Tanakh of die Ou Testament). Omdat die oorspronklike betekenis van die woord lied beteken, kan die woord psalm gebruik word om godsdienstige lied te beteken.

Die boek Psalms is 'n versameling liedere wat oor 'n lang tydperk ontstaan het en gebruik is in die godsdiens van Israel. Daar is verskillende soorte liedere, byvoorbeeld lof-, klaag- en dankliedere wat 'n goeie beeld gee van die geloofshouding van die volk, asook van enkelinge. Die boek is in vyf liedversamelings ingedeel: Ps. 1-41, 42-72, 73-89, 90-106, 107-150. Hierdie indeling is waarskynlik laat gemaak om die eerste vyf boeke van die Bybel, die Torah - die Wet - (ook bekend as die Pentateug) te ego.

Daar is 150 psalms in die Bybel deur verskillende digters. Die langste psalm is Psalm 119 'n uitgebreide alfabetsgedig of te wel akrostikon.

In sowel die Joodse as Christelike erediens, en in die persoonlike gebed, beklee die Psalms 'n belangrike plek. Dit bly steeds 'n uitdaging vir die digters om in die vertaling daarvan 'n kompromis te vind tussen die Hebreeuse taaleie en die steeds veranderende ontvangende taal (doeltaal).

Die Boek van die Psalms in die Bybel is 'n versameling van 150 oud-Hebreeuse lofsange, en is waarskynlik 'n doelbewuste versameling uit 'n baie omvangryker oud-Israelitiese liedereskat. Dit word bevestig deur liedere wat elders in die Bybel voorkom, onder meer in Habakuk 2, Jona 2 en 1 Samuel 2. Die benaming psalm (Grieks psalmos = "lofsang") word egter uit praktiese oorwegings beperk tot die liedere van die boek van die Psalms, wat ook wel psalterium of psalter genoem word.

Die Boek van die Psalms word in vyf dele onderverdeel (1 - 41, 42-72, 73- 89, 90- 106 en 107-150), wat waarskynlik 'n weerspieëling van die vyf boeke van Moses, die Pentateug, is. In baie psalm-opskrifte kom die naam Dawid voor, sodat daar algemeen van die Psalms van Dawid gepraat word. Hoewel Dawid ongetwyfeld 'n onuitwisbare stempel op die oud-Hebreeus godsdienstige digkuns gelaat het, is dit ook seker dat hy nie die skrywer van al die psalms was nie.

Heelparty moes ontstaan het tussen die tyd van sy dood (ca. 960 v.C.) en die Babiloniese ballingskap (587-538 v.C.) en, te oordeel na die woordgebruik, ook nog daarna. Belangrike eksegete op die gebied van die psalmondersoek was Hermann Gunkel (1862- 1932), wat Sitz im Leben, die agtergrond van die Psalms, beskryf het. Hy het probeer om die agtergrond van die 150 Psalms te verklaar op grond van die funksie wat dit by die kultus vervul het, terwyl die Noor Sigmund Mowinckel (1884-1965) die Psalms vanuit die godsdiensgeskiedenis probeer verklaar het. In die verband het hy ook gemeen dat baie Psalms beter verklaar kan word wanneer daar (soos in Babilon) ook in Israel 'n troonbestygingsfees van Jahweh sou bestaan het.

Of so 'n fees werklik bestaan het, is nie seker nie. Die eksegete G. Widengren en M. Dahood het 'n groot bydrae gelewer tot die psalmondersoek deur die Psalms uit Babiloniese en Ugaritiese tekste meer verstaanbaar te maak. Hoewel al die Psalms godsdienstig van aard is, verskil hulle tog onderling wat sowel inhoud as vorm betref. Daar is gebede, klagtes, lofliedere en leerdigte. Soms spreek die digter baie persoonlik en liries, dan spreek hy weer namens die hele volk of ʼn bepaalde groep. In baie gevalle word daar af in die Hebreeuse teks opskrifte gevind wat die lied by ʼn bepaalde groep indeel, byvoorbeeld die "Psalm van Asaf" (Ps. 50,73-83). Asaf was heel moontlik die naam van 'n sangersgilde wat omstreeks 538 v.C. eerste uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het.

Baie psalmopskrifte is egter tot vandag toe nog nie verklaar nie, ondanks intensiewe ondersoeke wat gedoen is. Die details van die reëls wat deur die psalmdigters gevolg is, is onbekend. Sekere afwykende woordkeuses kom voor, asook die gewoonte om iets twee keer met verskillende woorde te sê, die sogenaamde parallelismus membrorum, byvoorbeeld: "Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies kan neerlê ... " (Ps. 84:4).

Die psalmdigters het vermoedelik probeer om ʼn bepaalde versmaat of 'n vaste ritme te handhaaf. 'n Groot aantal van die Psalms is gebruik in die liturgie van die tempel in Jerusalem en beklee ook in die liturgie van die sinagoge tot vandag toe 'n belangrike plek. Die Psalms vervul egter hul grootste rol in die persoonlike oordenking. Die Christelike Kerk het die liturgiese funksie van die Psalms in die erediens oorgeneem, onder meer as belangrike onderdeel van die missaal en die brevier (die gebedeboek vir die priesters).

Die Protestantse Kerk in Nederland en Suid-Afrika gebruik 'n omdigting in berymde koeplette (psalmberyming), wat op 16e-eeuse melodieë deur die hele gemeente gesing word. In 1976 is daar in Suid-Afrika begin om die melodieë van die Psalms te hersien. Die woorde van die Psalms het in groot mate die taal en die uitdrukkings van die sinagogale gebede beïnvloed, en dieselfde geld ook vir die gebede en die liturgie van die Christelike Kerke.

Die Psalms het as lied of musikale komposisie, of as materiaal vir persoonlike oordenking, vir talle mense vertroosting gebied, byvoorbeeld Ps.130 "De profundis" (Uit dieptes gans verlore ... ), wat as ʼn bedevaartslied gebruik word. Ook die digters het hulle deur die eeue heen aangetrokke gevoel tot die Boek van die Psalms. Bekende berymings van die Psalms sluit onder meer in die van Marnix van St. Aldegonde, Joost van den Vondel (harpgesange van Dawid) en Gabriel Smit (geb. 1910), terwyl talle digters een of meer Psalms berym het.

Die mees onlangse (Nederlandse) vertaling van die Psalms is die van die digteres Ida Gerhardt (geb. 1905) en Marie van der Zeyde van 1972, wat enersyds probeer het om die Hebreeuse taaleie so goed as moontlik weer te gee, en andersyds die oorspronklike ritme te behou. Met die tweede herlewing van Afrikaans in Suid-Afrika, en die vertaling van die Bybel in Afrikaans, het daar ook 'n behoefte ontstaan aan 'n Psalmboek in Afrikaans. In 1920 het dr. J.D. du Toit (Totius) opdrag van die Sinode van die Gereformeerde Kerk ontvang om die Psalms in Afrikaans te berym.

Sy berymings vir die 150 Psalms is goedgekeur, terwyl ook berymings van dr. G.B.A. Gerdener (tweede beryming van Psalm 23) en die van ds. Kuhn (tweede beryming van Psalm 130) aanvaar is.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]