Academia.eduAcademia.edu

Resensie: Danie Marais – Ek en jy bestaan nie

2024, Rapport Weekliks 7 Julie

14 Rapport Weekliks 7 Julie 2024 Boeke Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R290. D anie Marais is in die Afrikaanse poësie bekend om sy meesleurende verhalende gedigte met ’n sterk outobiografiese inhoud. Sy vorige drie bundels, Solank verlange die sweep swaai (2014), Al is die maan ’n misverstand (2009) en die veelbekroonde In die buitenste ruimte (2006), het elk ’n hoogs persoonlike verhaal vertel. Hierteenoor rig sy vierde bundel, Ek en jy bestaan nie, die blik uitwaarts op die groter historiese en politieke konteks van Suid-Afrika, gefiltreer deur die wit, manlike perspektief van die digterspreker. Die lang verhalende gedig is steeds Marais se voorkeurvorm (waarskynlik ten spyte én as gevolg van die kritiese debatte oor dié digvorm ná die verskyning van sy en ander digters se bundels verhalende poësie in die 2000’s). Marais hanteer dié vorm met grasie: Hy weet hoe om die lang verhalende verse en ook dié waarin wydlopige gesprekke gevoer word te versterk met interne bindinge, verrassende metafore, asook betekenisvolle reëlbreuke en enjambemente (die versreël vorm immers die kruks van ’n gedig). Net in enkele gevalle voel die leser ’n vers kon ingekort wees. Ook die outobiografiese vorm steeds die kern: Die digter, sy dogter en seun, sy vrou en vorige liefdes, sy voorouers, oupa, ma en pa, neefs en vriende word by die naam genoem met die soort argeloosheid wat tipies is van die genre van “confessional poetry”, soos beoefen deur onder andere die Amerikaanse digters Robert Lowell, Raymond Carver en Tony Hoagland (na wie Marais meermale verwys). Daar word ook iets van ’n verhalende lyn deur die bundel getrek om samehang en toeganklikheid te verseker. Die gedigte vertel in ’n sekere sin van al die momente in die digter-spreker se lewe wat inspeel op sy posisie as wit, manlike Afrikaner. As sodanig is dit ’n selftaksering wat meestal genadeloos ondermyn word wanneer dit dreig om koesterend te raak. Daar is byvoorbeeld die gedigte oor sy oervoorvader in Suid-Afrika, Charles Marais, wat in 1689 doodgegooi is met klippe omdat hy nie ’n groen waatlemoen wou afstaan nie, en sy domineeoupa Dirk Jordaan wat ’n gemeente in Distrik Ses gehad het. Verder figureer sy studentejare in Stellenbosch (’n dorp wat hier geteken word as simbool van wit bevoorregting en selfingenomenheid) in meerdere selfkritiese gedigte. Ander gedigte handel oor sy 20’s in Duitsland toe hy begin klappertand het van “ironie-vergiftiging” en die langafstandgesprekke met sy ma in SuidAfrika vir hom ’n lewenslyn was. Daar is ook die gedig oor sy ontmoeting in Duitsland met ’n bruin Mercedesingenieur uit Suid-Afrika wat in verband met hul gemaklike samesyn oor die rasseskeidslyn heen gesê het: “Ek en jy, ou Danie, / ek en jy bestaan nie” (woorde wat die digter dan ook kies vir sy enigsins pessimistiese bundeltitel). Die bundel vertel verder die verhaal van sy 40’s, waarna hy verwys as ’n “dekompressiekamer” of “twilight zone” waaruit hy uiteindelik breek om die vrae oor sy aandadigheid en skuld aan SuidAfrika se geskiedenis te konfronteer. Dit is onder meer sy middelklasbestaan in ’n Stellenbosse suburb wat hier- die suburbs (die veiligheid van sy kinders, die nabyheid van sy vrou) wat hom uit sy vertwyfeling, besluiteloosheid en gebrek aan aksie sal ruk om vreesloos op te tree (“Naggedagtes van ’n ou vampier”), of selfs te moor “soos my voorgeslagte gemoor het” (“O, die sentimentele roofdiere”). Daar is dus sprake van ’n grondige gespletenheid: Aan die een kant is daar ’n bevraagtekening van die suburbs as vesting van bevoorregting, vooroordeel en kleinburgerlikheid; aan die ander kant is daar die wete dat hy sy lewe daar met sy bloed sal verdedig. Dit is binne die dubbelsinnige domein wat almal “verdagtes” word, soos wat die lieflike slotgedig, “Die verdagte”, oor etlike bladsye heen betoog: “in hierdie Danie Marais woon buurt sal die wedersyds / verdagtes en die afgelope 10 jaar veragtes saam / die verlede uitdien,” op Stellenbosch saam skryf die digter in dié vers wat met sy vrou, Carine, op genuanseerde wyse kyk hul twee kinders, Lea na ’n komplekse realiteit. en Sam, en twee katDit is opvallend dat Hy maak te. | FOTO: BRENDA die digter-spreker se VELDTMAN poësie uit dogter ’n soort baken ‘gepoetste in sy selfondersoek is. pyn.’ Sy vra die soort vrae wat dit vir hom moeilik maak om te verval in maklike redenasies, clichés of pasklaar antwoorde. Sy vra hom byvoorbeeld waarom hy en haar ma “geskuif” (geskei) het (“Want mense”), of die lewe vir hom “lekker uitgewerk” het (“Ek sien sy sien”), en of hul swart huiswerker Sweetness weet van die ingewikkelde ironie onderliggend aan die voorstelling van ’n rassistiese stereotipe op een van die Anton Kannemeyer-kunswerke in hul huis (“Van skuld en skaamte”). In laasgenoemde gedig word die ongemaklike kwessie van “kulturele kansellasie” aan die orde gestel, soos ook later in die gedig oor een van die digterspreker se gunsteling-digters, Hoagland (“Tussen my en jou, Tony, en eeue van sneeuwit”). Die­kragtige­verhalende­gedigte­in­Danie­Marais­se­vierde­ “Die paneel” is ’n gedig wat wys prebundel,­ ,­rig­die­blik­uitwaarts­op­die­ sies hoeveel inspanning die selfondersoek verg. Dit beskryf ’n paneelgesprek groter­historiese­en­politieke­konteks­van­Suid-Afrika,­ waarin ’n jong bruin digter die digtergefiltreer­deur­die­wit,­manlike­perspektief­van­die­digterspreker se posisie as wit onderhoudvoerspreker,­skryf­Louise Viljoen. der bevraagteken. Wanneer hy ná die tyd daaraan dink dat hy graag vir die jong man sou wou sê “gaan kak” en “sy die vrae aan hom opdring. Die tema van moer volledig in die openbaar strip”, bedie suburbs bly teenwoordig deur die sef hy egter dat wit manlikheid nié meer “optelgedigte” wat strategies deur die – soos in die verlede – die verstekposisie bundel versprei word. Hulle is woordeis vanwaar jy vryelik oor sogenaamde liks gehaal uit die buurtwag se Whats“universele” kwessies kan praat asof App-groep, ’n ruimte waarin die angste, daar geen kategorieë soos geslag, ras suspisies en vooroordele van mense in en klas bestaan nie. so ’n suburb hulself aanmeld. Aan die Ons is almal onherroepelik gekomproeen kant word die Stellenbosse suburb mitteer deur die posisie wat ons in die (waar die digter-spreker in ’n klinkergroter sosiaal-historiese en politieke konsteenhuis woon saam met sy vrou en teks beklee en kan slegs vanuit daardie kinders), voorgehou as ’n ruimte wat sigposisie praat. Dit is duidelik dat die digself doelbewus afsluit van die gang van ter-spreker worstel met dié idee (vandie geskiedenis en politieke gebeure. daar die herhaalde klag dat hy nie uit ’n Aanhaling van die Suid-Afrikaanse sy posisie as middeljarige wit man kan skrywer Denis Hirson, wie se pa in 1964 ontsnap nie, soos in “Dreaming of not om politieke redes gearresteer is, lui: another white Christmas”), maar hom “History stops where the suburbs begin.” uiteindelik tog daarmee versoen. Op soortgelyke wyse wonder die digterTen slotte voel ’n mens die lang verspreker of die inwoners van die suburbs halende gedig is presies die regte vorm hoegenaamd kennis neem van die nood om die heen-en-weer van die kritiese gewat in die land rondom hulle afspeel. sprek met die self te ondersoek en daarDit lei tot ’n pynlike selfondervraging mee kragtige poësie te maak uit vertwywaarin skuldgevoelens, onsekerheid en feling. Ek en jy bestaan nie bring ’n beselfminagting geen geringe rol speel nie. waarteen hy aanspoel as hy in die bed langrike nuwe wending én hoogtepunt in Aan die ander kant is dit juis sy familie klim nadat hy poësie gemaak het uit sy Marais se oeuvre. in die voorstedelike huis wat sy uiteinde“gepoetste pyn” (“O, die sentimentele ) Louise Viljoen is ’n afgetrede professor like toevlug is. Daar is byvoorbeeld die roofdiere”). Hy besef ook dit is juis die in Afrikaans en Nederlands aan die “sagte kuslyn” van sy vrou se liggaam bedreiging van hierdie private domein in Universiteit Stellenbosch. Selfondersoek in die ‘suburbs’ Ek­en­jy­bestaan­nie 7