Georgiese skrifte
Georgiese skrifte | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | Sedert 284 v.C. | |||
Rigting | Links na regs | |||
Tale | Georgies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Onseker; alfabetiese volgorde geskoei op Grieks
| |||
ISO 15924 | Geor, 240 Geok, 241 | |||
Unicode | U+10A0–U+10FF, U+2D00–U+2D2F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Georgiese skrifte is die drie skryfstelsels wat gebruik word om Georgies mee te skryf: Asomtawroeli, Noeschoeri en Mchedroeli. Hul letters stem ooreen en het dieselfde name en alfabetiese volgorde. Al drie alfabette is eenkasstelsels (hulle het nie aparte bo- en onderkasletters nie). Hoewel al drie nog gebruik word, word Mchedroeli aanvaar as die standaard vir Georgies en die ander Kartweliese tale.
Die moderne skrifte het 33 letters. Hulle het oorspronklik 38 gehad, maar vyf het in onbruik geraak.
Vergelyking
[wysig | wysig bron]Geskiedenis van die Georgiese skrifte
[wysig | wysig bron]Asomtawroeli, die historiese skrif
[wysig | wysig bron]Die Georgiese Koninkryk van Iberië is in die 330's n.C. tot die Christendom bekeer. Kenners glo die ou Georgiese alfabet, Asomtawroeli, wat op die Latynse alfabet geskoei is,[1] was nodig om godsdienstige leesstof toegankliker vir die Georgiërs te maak. Dit het in die 4de of 5de eeu gebeur. Die oudste voorbeeld van dié alfabet is ’n inskripsie uit 430 n.C. in ’n kerk in Betlehem.
Asomtawroeli (ასომთავრული, "hoofletters") is afgelei van aso (ასო, "letter") en mtawari (მთავარი, "hoof"). Ondanks die Georgiese naam was dit ook ’n eenkasstelsel, nes die moderne Georgiese alfabet.
Dié alfabet word deesdae soms vir hoofstukname in boeke gebruik, of as hoofletters in ’n groter lettertipe saam met letters van een van die ander twee alfabette.
Asomtawroeli letters | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ⴀ | Ⴁ | Ⴂ | Ⴃ | Ⴄ | Ⴅ | Ⴆ | Ⴡ | Ⴇ | Ⴈ | Ⴉ | Ⴊ | Ⴋ | Ⴌ |
Ⴢ | Ⴍ | Ⴎ | Ⴏ | Ⴐ | Ⴑ | Ⴒ | Ⴣ | ႭჃ, Ⴓ | Ⴔ | Ⴕ | Ⴖ | Ⴗ | Ⴘ |
Ⴙ | Ⴚ | Ⴛ | Ⴜ | Ⴝ | Ⴞ | Ⴤ | Ⴟ | Ⴠ | Ⴥ |
Noeschoeri, die kerkskrif
[wysig | wysig bron]Nnoeschoeri (ნუსხური "klein, onderkas") het in die 9de eeu vir die eerste keer sy verskyning gemaak. Dit is veral in die kerk gebruik.
Noeschoeri letters | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
ⴀ | ⴁ | ⴂ | ⴃ | ⴄ | ⴅ | ⴆ | ⴡ | ⴇ | ⴈ | ⴉ | ⴊ | ⴋ | ⴌ |
ⴢ | ⴍ | ⴎ | ⴏ | ⴐ | ⴑ | ⴒ | ⴣ | ⴍⴣ, ⴓ | ⴔ | ⴕ | ⴖ | ⴗ | ⴘ |
ⴙ | ⴚ | ⴛ | ⴜ | ⴝ | ⴞ | ⴤ | ⴟ | ⴠ | ⴥ |
Mchedroeli, die moderne skrif
[wysig | wysig bron]Die huidige alfabet, Mchedroeli (მხედრული, "militêr"), het in die 11de eeu sy verskyning gemaak. Dit is vir niekerklike doeleindes gebruik tot in die 18de eeu, toe dit die Choetsoeri-styl (wat die vorige twee alfabette gebruik het) vervang het.
Nes die ander twee alfabette het Mchedroeli nie aparte hoofletters nie. Sommige moderne skrywers het egter ’n soort tweekasstelsel geskep deur Asomtawroeli-letters as hoofletters te gebruik, soortgelyk aan die Choetsoeri-styl. Ander skep hoofletters deur sommige letters in ’n groter lettertipe te gebruik.
Mchedroeli letters | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
ა | ბ | გ | დ | ე | ვ | ზ | ჱ | თ | ი | კ | ლ | მ | ნ | |
ჲ | ო | პ | ჟ | რ | ს | ტ | ჳ | უ | ფ | ქ | ღ | ყ | შ | |
ჩ | ც | ძ | წ | ჭ | ხ | ჴ | ჯ | ჰ | ჵ | ჶ | ჷ | ჺ | ჸ | ჹ |
Transkripsie
[wysig | wysig bron]Die tabel hier onder bevat net die 33 letters in die moderne Mchedroeli-alfabet en nie dié wat in onbruik is nie. "Nasionaal" is die amptelike transliterasiestelsel van die Georgiese regering, terwyl "Laz" die amptelike stelsel in Noordoos-Turkye is vir die taal Laz.
Mchedroeli letters |
Unicode | Naam | Nasionaal | ISO 9984 | Afrikaans | Laz | IFA |
---|---|---|---|---|---|---|---|
ა | U+10D0 | an | A a | A a | A a | A a | /ɑ/ |
ბ | U+10D1 | ban | B b | B b | B b | B b | /b/ |
გ | U+10D2 | gan | G g | G g | G g | G g | /ɡ/ |
დ | U+10D3 | don | D d | D d | D d | D d | /d/ |
ე | U+10D4 | en | E e | E e | E e | E e | /ɛ/ |
ვ | U+10D5 | vin | V v | V v | W w | V v | /v/ |
ზ | U+10D6 | zen | Z z | Z z | Z z | Z z | /z/ |
თ | U+10D7 | tan | T t | T' t' | T' t' | T t | /tʰ/ |
ი | U+10D8 | in | I i | I i | I i | I i | /i/ |
კ | U+10D9 | k'an | K' k' | K k | K k | K' k' | /kʼ/ |
ლ | U+10DA | las | L l | L l | L l | L l | /l/ |
მ | U+10DB | man | M m | M m | M m | M m | /m/ |
ნ | U+10DC | nar | N n | N n | N n | N n | /n/ |
ო | U+10DD | on | O o | O o | O o | O o | /ɔ/ |
პ | U+10DE | p'ar | P' p' | P p | P p | P' p' | /pʼ/ |
ჟ | U+10DF | žan | Zh zh | Ž ž | Zj zj | J j | /ʒ/ |
რ | U+10E0 | rae | R r | R r | R r | R r | /r/ |
ს | U+10E1 | san | S s | S s | S s | S s | /s/ |
ტ | U+10E2 | t'ar | T' t' | T t | T t | T' t' | /tʼ/ |
უ | U+10E3 | un | U u | U u | Oe oe | U u | /u/ |
ფ | U+10E4 | par | P p | P' p' | P' p' | P p | /pʰ/ |
ქ | U+10E5 | kan | K k | K' k' | K' k' | K k | /kʰ/ |
ღ | U+10E6 | ḡan | Gh gh | Ḡ ḡ | Gh gh | Ğ ğ | /ɣ/ |
ყ | U+10E7 | q'ar | Q' q' | Q q | Q q | Q q | /qʼ/ |
შ | U+10E8 | šin | Sh sh | Š š | Sj sj | Ş ş | /ʃ/ |
ჩ | U+10E9 | čin | Ch ch | Č' č' | Tsj tsj | Ç ç | /tʃ/ |
ც | U+10EA | can | Ts ts | C' c' | Ts ts | Ts ts | /ts/ |
ძ | U+10EB | jil | Dz dz | J j | Dz dz | Ž ž | /dz/ |
წ | U+10EC | c'il | Ts' ts' | C c | Ts' ts' | Ts' ts' | /tsʼ/ |
ჭ | U+10ED | č'ar | Ch' ch' | Č č | Tsj' tsj' | Ç' ç' | /tʃʼ/ |
ხ | U+10EE | xan | Kh kh | X x | Ch ch | X x | /x/ |
ჯ | U+10EF | ǰan | J j | J̌ ǰ | Dj dj | C c | /dʒ/ |
ჰ | U+10F0 | hae | H h | H h | H h | H h | /h/ |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Encyclopaedia Britannica – Georgian language, Britannica.com, https://www.britannica.com/EBchecked/topic/230307/Georgian-language#ref=ref272737, besoek op 2009-04-22
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Aronson, Howard I. (1990), Georgian: a reading grammar (tweede ed.), Columbus, OH: Slavica
- Shosted, Ryan K.; Vakhtang, Chikovani (2006), "Standard Georgian", Journal of the International Phonetic Association 36 (2): 255–264, doi:10.1017/S0025100306002659
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Georgiese skrifte.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia