Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/21 Februarie
Voorkoms
21 Februarie: Internasionale Wêreldmoedertaaldag; Presidentsdag in die Verenigde State.
- 1613 – Michail word eenparig deur die Zemski Sobor tot tsaar verkies en begin daarmee die Romanof-dinastie in die Tsaredom van Rusland.
- 1804 – Die eerste selfaangedrewe stoomenjin of lokomotief, gebou deur Richard Trevithick, loop vir die eerste keer in Wallis.
- 1838 – Samuel Morse demonstreer die telegraaf aan die Amerikaanse president Martin Van Buren en sy kabinet.
- 1888 – Die Nederlandse skilder Vincent van Gogh kom in Arles in die suide van Frankryk aan.
- 1987 – Die leiers van die Action Directe, 'n linksgesinde terreurorganisasie, word op 'n plaas naby Orléans, Frankryk, deur die polisie betrap.